Dis wat kan gebeur as 'n vrou haar man saamsleep om inkopies te doen.
'n Brief van Game Store Kimberley
Geagte Mev. Van Vreden,
Ons winkel is van plan om u gesin uit ons winkel te verban, tensy u man nie met sy streke ophou nie.
Onderaan is 'n lys van al die streke wat hy aangevang het.
Ons kameras het hulle oor die laaste maande geverifieer.
MEMO - Van Sekuriteitsafdeling
15 Dinge wat Mnr. Van Vreden aangevang het terwyl sy vrou inkopies doen.
1 Junie
Het 24 boksies kondome gevat en hulle in ander kliente se mandjies gegooi terwyl hulle nie kyk nie.
2 Julie
Al die wekkers in Houseware ingestel om met 5 minute tussenposes af te gaan.
3 Julie
Het 'n tamatiesous spoor op die vloer gelos tot by die tampon rakke.
4 Julie
Na 'n werknemer in Houseware gestap en haar in 'n amptelike stem gese: "Kode 3" .... en toe gewag om te sien wat gaan gebeur.
5 Augustus
Het na die Dienstoonbank geloop en gevra of hy 'n sakkie M&M's op lay-buy kon sit.
6 Sept
Het die "CAUTION - WET FLOOR" bordjie na die matte afdeling geneem.
7 Sept
Het 'n tent in die Kampafdeling opgerig en vir kliente uitgenooi om in te kom as hulle kussings van die Beddegoedafdeling sal bring..
8 Sept
Toe 'n assistent hom vra of sy hom kan help, het hy begin huil en hardop geskree: "Hoekom kan julle mense my nie uitlos nie?"
9 Okt
Het reguit in die sekuriteitskamera gekyk asof dit 'n spieel is, in sy neus gekrap, en dit toe geƫet.
10 Nov
Terwyl hy gewere in die jagafdeling gehanteer het, vra hy die assistent, waar kry jy die anti-depressante?
11 Des
Pyl orals in die winkel rond op 'n baie verdagte manier, terwyl hy hardop die tema van "Mission Impossible" neurie.
12 Des
In die Auto department het hy sy "Madonna look" geoefen deur verskeie groote tregters te gebruik.
13 Des
Het homself in die klererak weggesteek en dan terwyl kliente deur die klere kyk, uitgeroep "PICK ME!", "PICK ME!"
14 Des
Toe 'n aankondiging oor die luidspreker kom, het hy in die fetale posisie gegaan en geskree "NEE! NEE! Dis weer daai stemme!"
15 Des
Hy het in 'n klere aanpaskamer gegaan, die deur gesluit, 'n tyd lank gewag en toe baie hardop uitgeroep:
"DAARS NIE TOILET PAPIER HIER NIE!!!!"