Die passasiers op 'n SAL vlug van Bloemfontein na George sit al reg
om te vertrek as die kaptein en tweede kaptein aan boord kom. Albei
het donkerbrille aan, die een stap met 'n gidshond en die ander
gebruik 'n wit stok om sy pad te vind. Sommige van die passasiers
giggel senuagtig, want dis sekerlik 'n grap.. Die motore word
aangesit, die vliegtuig kom in beweging, begin spoed optel op die
aanloopbaan, maar styg nie op nie. Intussen kom die einde van die
aanloopbaan al hoe nader en nader, en die passasiers begin onrustig
rond te kyk. Die vliegtuig beweeg vinniger en vinniger, amper aan
die einde van die aanloopbaan, en 'n handvol passasiers begin gil en
skree en huil, tot die vliegtuig se neus lig en 'n paar meter voor
die einde van die aanloopbaan begin opstyg. 'n Paar passasiers sug
van verligting, 'n paar ander lyk skaam oor hoe hulle op die
skrikwekkende grappie gereageer het, en wanneer die eerste drankies
bedien word vergeet almal van die insident. In die vlugkajuit
voel-voel die kaptein sy pad na die knoppie gemerk 'Automatic
Pilot', druk dit, en sit terug in sy stoel. 'Weet jy,' sĂȘ hy aan die
tweede kaptein. 'Eendag gaan die mense te laat begin gil , dan's ons
almal in ons moer!'