Man op reis stuur vir sy vrou 'n e-pos maar maak 'n tikfout en stuur dit per ongeluk na 'n weduwee wie se man pas begrawe is. Sy lees haar e-pos gil en val flou. In die e-pos staan: "hello my vrou, jy is seker verbaas om van my te hoor. Hier is internet en ons mag boodskappe stuur. Het so pas ingeboek. Ek het seker gemaak als is in orde vir jou aankoms more. Lekker reis. Jou verlangende man. ns. Dis vrek warm hier"