Klein Anna-Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelstories lees.
Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa gemaak?" "Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank gelede." "Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag. "Ja, my skat, maar dit was sommer net nou die dag" antwoord oupa weer. Terwyl sy weer oor albei se gesigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa?!"