The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
dropsy babies baytril clinofish dealers Bead show food pond small 2011 pumps western electricity cape Dimilin plant foam growth plants filter salt face bubble shape SPOTS
Latest topics
» New member, hallo everyone
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

April 2024
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930     
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Neville

Neville

Posts : 1457
Reputation : 1
Join date : 2010-01-17
Age : 77
Location : Krugersdorp

En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans Empty
PostSubject: En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans   En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans EmptyWed May 19, 2010 6:53 pm

Kinders se vraestel antwoorde……….dis nou lekker Afrikaans !!

* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd
bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie,
maar hy was gelukkig baie slim en het 'n plan uitgewerk.

* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop.
Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur,
want hy het sigarette uitgevind en begin rook. Hy
het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in
sy onderbroek duidelik sigbaar was.


* Egipteland was bewoon deur mummies en
hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en
vir hulle pappies gewys. Hulle het in die
Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte
gehad van die min reën. Die klimaat was só erg
dat al die inwoners op ander plekke gebly het,
en net naweke huistoe gekom het om sandkastele
te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.


* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See
gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het,
dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak
is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het
die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie
te kry.


* Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en
sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie.
Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad.
My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in
die kombuis gewerk het.


* Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid
wat rondgeloop en mense raad gegee het. Hy is
dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets.
Ná sy dood het sy loopbaan dramaties
agteruitgegaan.


* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke
kaal paal gespring, zol geswaai, en disnis gegooi.
Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar
niks anders was om te jump nie.


* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde
gesterf. Hulle het haar met 'n blaasbalk aan die
brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het
van skrik.


* Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin".
As 'n koningin was sy 'n sukses, maar nie as 'n
maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek.
En was altyd mooi geklee.


* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en
ontdekkings. Gutenberg het die wynpers uitgevind.
Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die
wynpers vas te draai dat die wyn spat.


* Die grootste skrywer van die Renaissance was
William Shakespeare. Hy is in die jaar 1564
gebore en die geskiedkundige mense dink dit
was op sy verjaardag.
Hy het nooit geld gemaak nie, en is net
beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het.
Hy het tragedies, komedies en historektomieë
geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.


* Abraham Lincoln het Amerika se grootste
presedent geword. Lincoln se ma is dood toe
sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n houthut
wat hy met sy eie hande gebou het in die
franse evolusie.


* Johann Babbelastiaan Bach het baie komposisies
geken en het so ook baie kinders gehad. Hy is
dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die
beroemdste komponis in die wêreld, amper soos
Händel. Händel was half-Duits, half-Italiaans
en half-Engels wat Hollangs gepraat het.


* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof.
Hy was só doof dat hy harde musiek geskryf het.
Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het
almal na hom geroep. Beethoven het in 1827
opgehou bestaan en dis hoekom hy later dood is.
Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy
ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy
eerste bad heelwat verander.


* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie
uitvindsels. Mense het opgehou om met die
hand te reproduseer en met toestelle begin
reproduseer.


* Die uitvinding van die stoomboot het 'n
netwerk van riviere laat ontstaan, waarna die
mense gevlug het as die water te warm raak
van die stoom wat afgeblaas word.


* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie
eiers kan lê nie.


* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie,
tensy jy een of altwee van hulle buig.


* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet
sonder om te end. Daarom is dit moeilik om
sy end te kry, voordat jy dronk word.
Back to top Go down
 

En dis ons kinders,die ander vat nie afrikaans

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Afrikaans

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Fun stuff :: Jokes - General-