Deon,
op hierdie stadium moet jy jou nie bekommer or die stof wat op die bodum gaan le nie, neem 'n swembad net en skep net die blare wat nie in jou wier ( skimmer) in gesuig word nie, uit.
As jy wel die bodum vee, is die filtreer stelsel, veronderstel om die "stof" deur die " boton drain(s)" in te suig. Die sirkulasie van jou dam moet ook so wees dat die stroom wat veroorsaak word sal help om die " stof" na die " boton drain" te voer.
Moet ook nooit jou pomp afskakel nie, laat dit 24/7 hardloop.
As jy egter regtig van die " vuilgoed" op die bodum wil ontslae raak, is daar 'n " Pond Vacuum " op die mark wat jy kan aanskaf.
Gaan na King Koi, 80 Pomonaweg, Pomona Ah, Kempton Park hulle sal jou kan help.
Onthou net om nooit die wande van die dam skoon te maak of alge te verwyder nie, dit is goed vir die Koi.