Ja, dit is 'n water skerpioen waarvan daar heelwat spesies is en glad nie verwant is aan die gewone skerpioen nie, maar bloot so genoem word omdat hulle voorkoms ooreenkomste het.
Hulle het vlerke en kan opstyg uit die water.
Hulle is lief vir bloedwurms, en daarom kom hulle soms by koi damme voor.
Hulle kan klein vissies 'n redelike steek gee en sal vir ure op een plek bly en wag vir prooi.
Ek het Desembermaand lekker elke dag geswem in 'n dam naby Sun City om lavenis te soek teen daai bloedige hitte wat julle daar bo het totdat een van hulle my bygekom het. Dit was die laaste swem van my vakansie in die dam en ek moes maar die hitte weer verduur.