In reply to:
"Paul, baie, baie dankie vir jou antwoord wat jy met goeie voorstelle beantwoord het ... en jou sekerlik 'n tydjie moes vat.
Ek hou van jou aanbeveling en gaan dit beslis print en begin soek.
Is dit feite dat jong visse nog baie van kleur kan verander? Indien waar, hoe koop 'n mens dan? (sorrie vir die stupid vraag. )
Deon"
_________________________________
Deon, dit is juis die uitdaging van die stokperdtjie om ‘n klein koi te kies wat dan ontwikkel in ‘n puik koi en die beginsels wissel van varieteit tot varieteit, en dit is ‘n onderwerp waaroor mens ‘n boek kan skryf.
Indien dit maklik was om te kies wanneer hulle klein is, sou dit nie so groot uitdaging gewees het om die regte keuse te maak nie.
Om ‘n Kohaku as voorbeeld te gebruik, indien ‘n Kohaku klein is en aantreklike donker rooi patrone het, gaan hy jou aandag trek bo die ander, maar dit gaan nie ‘n goeie kwaliteit Kohaku wees twee jaar later nie. Indien hy egter meer oranje is wanneer klein, gaan jy opeindig met ‘n beter dieper rooi wat gaan hou. Hoe stadiger die rooi ontwikkel, hoe beter volwasse vis. Hier speel bloedlyn ook ‘n rol. Die beginsels waarna mens moet kyk wissel selfs soms van teëler tot teëler.
Indien ‘n Kohaku se wit en rooi baie gebalanseerd is (50/50) wanneer hy klein is, gaan die rooi baie "skimpi" wees wanneer hy groot is. Die wit in verhouding met die rooi word baie grootter. Koop dus ‘n Kohaku met baie meer rooi as wit.
Indien ‘n Kohaku van ‘n swak bloedlyn kom, ontwikkel hy soms swart "spots" of verloor sy kleure in totaal en dit maak hom dadelik onaantreklik en minder waardevol.
Daar is altyd ‘n risiko. Selfs die top experts kan nie altyd sê hoe die vis gaan opeindig nie.
Hoe grooter die vis, hoe kleiner is die kans dat hy baie gaan verander. Dit is juis waarom daar so groot verskil in prys is tussen ‘n 12 cm Tosai en ‘n 40 cm Nisai.
Daar is weer ander varieteite wat baie meer geneig is om te verander. ‘'n Klein Kumonryu kan wit wees met onaantreklike swart onder die vel. ‘'n Paar maande later kan hy weer feitlik pikswart wees of andersom. Mens is totaal in die donker wanneer mens ‘n Kumonryu koop. Hy staan bekend is die verkleurmannetjie van Koi.
So kan mens aangaan. 'n Shusui moet eerder ‘n ligte blou kleur hê wanneer klein. Dit word dan ‘n mooi donker blou later. Indien hy reeds donker blou is wanneer hy klein is, word die blou amper swart, maar weereens, dit wissel ook soms van teëler tot teëler.
‘n Pragtige spierwit klein Platinum Ogon verander in ‘n oogwenk in ‘n wit vis met swart of selfs geel onaantreklike skynsel ‘n jaar later.
Dit is waarom dit belangrik is om maar ‘n bietjie ekstra te betaal vir Japanese visse, want as jou bloedlyn reg is, is jou risiko soveel minder. Ek het al soveel keer gehoor mense sê hulle gaan nie Japanees koop nie want die SA visse lyk net so mooi .. (wanneer klein ja) . Hulle sluk gewoondlik hul woorde ‘n paar jaar later.