wayneb Admin
Posts : 1681 Reputation : 29 Join date : 2007-12-08 Age : 46 Location : Kraai Fontein, Cape Town Metropol
| Subject: Gebore 1920 - 1979 Tue Feb 23, 2010 11:06 pm | |
| Aan al die “kinders” wat die 1930’s tot 1970’s oorleef het!
Eerstens het ons die rokery en drinkery van ons moeders oorleef terwyl hulle swanger was.
Hulle het aspiriene gedrink, blou kaas en vis uit ‘n blik geeet en is nooit getoets of hulle diabeties was nie.
Na al die trauma was ons in ons bedjies gesit op ons magies in ‘n kot wat oorgetrek was met helder kleurige lood basis verf.Ons het geen “kindvaste” deksels of proppe op medisyne bottles, deure of kaste gehad nie en geen kopskerms gedra as ons fietry nie… Om nie te praat van die risiko’s toe ons duim gery het nie.
As kleuters en kinders kon ons agter op die sitplek sit sonder veiligheids stoele, veiligheidsgordels of lugsakke.
Om agter op die bakkie te ry was groot pret en ons het water uit die tuinslang gedrink en nie uit bottels nie.
Ons het ons koeldrankies met vier vriende gedeel uit een bottel en niemand is dood daarvan nie.
Ons het sjokoladekoek en wit brood geëet met regte botter en “kool aid” met suiker gemaak om te drink, maar ons was nie oorgewig nie want…..
ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL!
Ons het die huis verlaat in die oggend vroeg en het heeldag gespeel. Solank ons terug was as die straatligte aankom.
NIEMAND kon ons kontak deur die dag nie en ons het almal veilig teruggekeer huistoe.
Ons het ure spandeer deur kaskarre te bou uit afval hout en yster en het dan teen die steilste bulte afgejaag, net om uit tevind ons het vergeet van die brieke. Nadat ons ‘n paar keer die kaskar omgegooi het en tussen die bosse ingejaag het, het ons geleer om die probleem op te los.
Ons het nie “playstations”, “ninetendo’s”, “X boxes” of enige video speletjies gehad nie.
Ook nie 150 TV kanale, DVD’s of video flieks, selfone, persoonlike rekenaars met internet of chatrooms nie…
Ons het VRIENDE gehad… en as ons hulle gesoek het, het ons net buite toe gegaan.
Ons het uit bome geval, was gesny en het bene gebreek en daar was geen geregtelike eise vir hierdie ongelukke nie.
Ons het wurms en modderpasteie geeet en die wurms het nie vir altyd in ons geleef nie.
Ons het windbukse gekry vir ons tiende verjaarsdag, speletjies opgemaak met stokke en tennisballe en al het niemand ons gewaarsku dat dit kan gebeur nie, het ons min oë uit gesteek.
Ons het met ons fietse gery of sommer net geloop na ons vriende se huise, aan die deur geklop of die klokkie gelui en sommer ingeloop en gesels.
Rugby en tennis spannetjies het proewe gehad en die wat nie die span gehaal het nie, moes maar vrede daarmee maak – Verbeel jou dit!!
Ons het gereeld die bed natgemaak en ons ouers het ons ‘n pak slae gegee, nie na sielkundiges toe geneem nie.
Die gedagte om jou kinders by die polisiestasie te gaan uit borg het nie bestaan nie. Hulle was aan die polisie se kant!
Daardie generasie het van die beste risikovatters, problemoplossers en uitvinders OOIT geproduseer
Die laaste 50 jaar het bestaan uit ontploffings van uitvindings en nuwe idees.
Ons het vryheid, verlies, sukses en verantwoordelikheid gehad en ons het GELEER hoe om dit te hanteer.
As jy een van hulle was.. Baie geluk!!!
Jy wil dalk hierdie deel met die wat gelukkig was om groot te word soos kinders, voordat prokureurs en regerings jou lewe “vir jou eie beswil” begin reguleer het.
Terwyl jy besig is, Stuur die aan vir jou kinders sodat hulle kan sien hoe dapper (en gelukkig) hulle ouers was. |
|
Guest Guest
| Subject: Re: Gebore 1920 - 1979 Wed Feb 24, 2010 9:12 am | |
| AMEN |
|