Ja Pieter se installasies is baie netjies, al probleem wat ek het met meeste van die installasies wat ek al gesien het is dat almal somehow hulle goed in kaste inprop en op die grond plaas en jy moet op jou knie gaan as jy iets moet doen. Sit die goed op n platvorm dat jy nie op jou kniee hoef te gaan dit moet maklik wees om dinge te doen, gee jouself n bietjie spasie. Myne staan buite ek het n steen verhoog gebou, my sandfilter staan sommer op n boomstomp maar dit is op n gemaklike hoogte en oop. Ek het baie plante om dit gepplant en dit is net van "agter af" oop en maklik werkbaar. Dit lyk miskien nou nie soos n escom installasie maar ek werk maklik aan my goed.