Geagte broers en susters
'n Ouderling word gevra
om die Sondag in die kerk 'n paar
gevleulde woorde te spreek.
Hy begin om te se? :
" Geagte broers en susters!!!
Vandag wil ek met julle praat oor 'n stukkie vleis......!
Ja, DAAI stukkie
vleis!!
Daardie stukkie vleis wat broers en susters van mekaar skei.....!!!
dis daardie stukkie vleis wat MAN EN VROU van mekaar kan laat skei.....!!!
dis daardie stukkie vleis wat families uit mekaar skeur
sodat hulle vervreemd raak van mekaar......!!!
dis daardie stukkie vleis wat vrouens met vrouens laat baklei,
broers met broers.....!!!
dis daardie stukkie vleis wat partykeer
meer buite is as wat hy binne is....
en dan ook meer binne is as buite.....!!!
Broers en susters
dit is daardie stukkie vleis
wat soveel pyn en ook soveel plesier kan bring.....!!!
LIEWE BROERS EN SUSTERS,
DIS DIE STUKKIE VLEIS
WAAROOR
EK
VANDAG MET JULLE
WIL PRAAT......
DIE TONG - LIEWE BROERS EN SUSTERS! DIE TONG !!!!!!"