n Ou tannie loop in die straat en sleep twee plastiese vuilgoed sakke agterna.
Een van die sakke het deurgeskuur en sy verloor van die R20.00 note.
'n Polisieman sien dit en stop haar en noem dit dat sy besig is om haar geld te verloor.
Baie dankie man ek sal terugstap en dit optel.
Die polisieman is nuuskierig en vra haar toe waar kry sy so baie geld en hy hoop nie dis gesteel nie.
Nee antwoord die tannie, ek bly mos langs LOFTUS se parkeergronde, met die rugby staan die manne dan mos en water afslaan deur die draad in my blomtuin. DAN VANG EK HULLE gereed met my snoeisker en vra hulle R20.00 of ek sny af
Die polisieman lag en dink dis OK. Maar vra toe wat dan in die ander sak is?
Nie almal wil betaal nie !