The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
electricity small clinofish filter growth pond dealers plants western shape babies pumps Bead bubble dropsy foam baytril SPOTS food salt plant face Dimilin show 2011 cape
Latest topics
» New member, hallo everyone
Water tekort EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Water tekort EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Water tekort EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Water tekort EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Water tekort EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Water tekort EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Water tekort EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Water tekort EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Water tekort EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

April 2024
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930     
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Water tekort

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Water tekort Empty
PostSubject: Water tekort   Water tekort EmptyMon Sep 28, 2009 7:01 pm

Beeld - 28 Sept

Johannesburg. – Kenners het gewaarsku dat ’n watertekort drastiese koste-implikasies vir besighede en verbruikers inhou.

Adj.pres. Kgalema Motlanthe het onlangs gemaan dat ’n waterkrisis om die draai is.

“As ons nie die probleem aanspreek nie, gaan ons groot probleme hê,” het Motlanthe gesê.

“Ons landskap is semi-woestyn en water is ’n skaars hulpbron. Ons volgende krisis sal hier uitspruit.”

As die water-aanbod ’n punt bereik waar die hele stelsel afgeskakel word, sal dit die land verander, het mnr. Adrian Saville van Cannon Asset Managers gesê.

“Ek kan nie eers begin vertel hoe drasties die koste sal wees nie, maar dit kan ’n wesenlike bedreiging vir besighede en verbruikers wees.”

Mnr. Brian Bruce, uitvoerende hoof van Murray & Robers, het gesê dat die kwessie nie oor water-aanbod gaan nie, maar eerder oor die kwaliteit van die water. “Mense eis gesuiwerde en skoon water. As die bron van water deur ’n gebrek aan sanitasie verwoes word, ontaard dit in ’n gesondheidsprobleem.”

Bruce het gesê dat die kern van die probleem by munisipaliteite lê.

“Daar is projekte soos die konstruksie van damme en pypleidings, maar die uitdagings lê by munisipaliteite, wat dalk nie weet hoe om die uitdagings te hanteer nie.”

Enige strategie wat beoog om die land se waterkwessies aan te spreek, sal die konstruksiebedryf direk bevoordeel.

“Ons moet uit Eskom leer,” het mnr. Mike Upton, uitvoerende hoof van Group Five, gesê. Hy het bygevoeg dat toekomstige uitbreiding steeds gedoen kan word, maar dat dit nie so baie prioriteit soos om die huidige stelsel reg te maak, moet geniet nie.

Dit hang egter alles af van die regering se bekwaamheid om te belê, het hy gesê. – Fin24.com
Back to top Go down
Guest
Guest



Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyTue Sep 29, 2009 9:44 am

Marius,

Ja dit kan 'n probleem vir ons Koi mense inhou. Wat my egter bekommer is die..............
Quote :
Dit hang egter alles af van die regering se bekwaamheid..............

Moet se dit spreek boek dele!
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyTue Sep 29, 2009 4:08 pm

Don't hope it will become a disGrace clown
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyTue Nov 10, 2009 11:08 am

Sake lyk troebel vir Bloemfontein se drinkwater

Daar is beslis ’n probleem met die filtersand by die Welbedacht-dam wat water aan die suidelike deel van Bloemfontein verskaf, het ’n kenner aan Volksblad gesê.

Dié kenner, wat Bloemfontein die naweek besoek het en anoniem wil bly, meen die filtersand is uitgewerk, óf nie op standaard nie, óf daar is nie meer filtersand by die Welbedacht-dam nie, wat veroorsaak dat die troebelheid van die drinkwater in die suidelike voorstede die naweek 7.8 en 8.7 gemeet het. Die wetlik aanvaarde perk is tien.

Die besoeker, wat al 20 jaar vir ’n private watersuiweringsmaatskappy werk, sê op ’n groot Vrystaatse dorp waar hy daagliks die water toets, is die troebelheidsvlakke maar een of onder een.

“As ek vir my inwoners sulke water gee, soos wat ek die naweek in Bloemfontein by my kinders gemeet het, sal my dorp se mense my oë toeslaan.”

Die man sê hy was geskok en het onder meer die Mangaung-munisipaliteit se laboratorium gebel.

Hy het ook betroubaar verneem dat die Welbedacht-dam se filtersand glo uitgewerk of nie meer op standaard is nie. “Sandkorrels het hakies, wat met ’n vergrootglas sigbaar is. Filtersand word gebruik om vaste stowwe in water terug te hou sodat suiwer water aan die ander kant kan deurvloei, waarna die chloor en chemikalieë bygevoeg word.”
Hoewel die wet bepaal dat ’n troebelheid van onder tien aanvaarbaar is, is sulke troebel water beslis nie aanvaarbaar vir ’n groot stad soos Bloemfontein nie.

As dit stilstaan, veroorsaak die troebel water afsakkings in drinkglase, potte, panne, ketels en geisers.

Verlede week het mnr. Msebenzi Zwane, LUR vir samewerkende regering, tradisionele leierskap en huisvesting, gesê “ons moet die goeie gehalte van Bloemfontein se drinkwater met ’n partytjie vier”.

Mev. Ayesha Carrin van die departement van waterwese en bosbou het dit beaam en gesê 23 plaaslike owerhede oor die land heen het bloudruppelstatus waarvan Bloemfontein een is.

Hierdie status geld egter slegs water wat by Maselspoort se suiweringsaanleg gesuiwer word en aan die deel noord van Nelson Mandelarylaan verskaf word en nie vir dit wat Bloemwater van die Welbedachtdam aan Bloemfontein voorsien nie.

Huishoudings en sakepersele in Bloemfontein suid van Nelson Mandela-rylaan kry hul water van dié dam.

Prof. Johan Grobbelaar, stadsraadslid van die DA, sê die DA in die Vrystaat waarsku al geruime tyd dat daar probleme met die watergehalte is en die hele saak rondom dienste sal dringend op nasionale vlak aandag moet kry.

Grobbelaar sê die hoë troebelheid veroorsaak verstoppings van huishoudelike waterfilters, vlek wasgoed en benadeel die behandeling van swembadwater.

“Wat kommerwekkend is, is dat daar glo gesê word dat ’n hoë ysterinhoud kwansuis vir die troebelheid verantwoordelik is en dat die chlorinering dit onskadelik stel. Moontlik is dit ’n nuwe hoofstuk in die chemie van water.”

Hy sê dit verstom hom ook dat ’n komitee wat saamgestel is om analities na Bloemfontein se drinkwater te kyk, glo gereeld omseil word.
- Volksblad
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyWed Nov 11, 2009 5:26 pm

Voordat die manne in die Kaap die Vrystaat se water te veel afkraak affraid ......



Water in talle woongebiede in Kaapstad mag dalk 'n "aardse smaak en reuk" het, maar dit is veilig om te drink, het die Kaapse stadsraad se departement van water en sanitasie gesê.

"Die water is veilig om te drink. Die rede vir dié smaak is 'n relatief hoë vlak van geosmin, 'n chemiese stof wat soms muwwerig en soms soos medisyne smaak en ruik, wat weens die vrekte van alge veroorsaak word. Die probleem ontstaan wanneer alge gedurende die somer weens hoë temperature in die damme vermenigvuldig," het Peter Flower van die stad se departement van water en sanitasie gesê.

Volgens Flower het dié verskynsel sporadies gebeur oor die afgelope paar jaar en dan na vier tot vyf weke verdwyn.

"Vanjaar het dit vir 'n langer tydperk aangehou."

Die water kom van die Theewaterskloofdam en word by die Blackheath- en Faure-aanleg behandel. Dié water word aan sommige dele van die noordelike voorstede voorsien.

Dié gebiede sluit ook die Helderberg-gebied in die ooste, Khayelitsha, gebiede op die Kaapse Vlakte en suidelike Skiereiland in die weste in.

Flower het gesê verdere behandeling van die water met geaktiveerde koolstof verminder die smaak, maar vat dit nie heeltemal weg nie.

– Sapa
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 62
Location : Cape Town

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 11:04 am

Bloemfontein en Kaapstad het darem nog water, alhoewel nie so goed nie.

As dit nie begin reen in George het hulle dalk niks teen die einde van die jaar nie.

George is bekend as een van die natste stede in SA, maar hulle beleef die droogste tyd in 132 jaar.

Hulle mag tans glad nie tuinslange of besproeing gebruik nie en betaal deur hulle nek indien 'n huishouding meer as 15kl gebruik.

Die koi pond eienaars kla steen en been.
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
David Coetzee

David Coetzee

Posts : 232
Reputation : 0
Join date : 2009-03-31
Age : 54
Location : Randburg

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 11:46 am

moeni kla nie, maak 'n plan.

Water tenk, pomp, 1 bag sand filter vol met activated carbon en Zeolite (50/50) maak tenk vol met see water laat loop vir 'n week.

doen water change op koi dam. was zeolite, sit nuwe carbon by, bak ou carbon in oond.

goei ou dam water in di tenk in "top up" met vars see water. laat loop vir 'n week.

Boer maak 'n plan, ne?

Very Happy
Back to top Go down
Guest
Guest



Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 11:58 am

BLIKSEM Exclamation Shocked

David,

wat het jy gerook Question affraid
Back to top Go down
David Coetzee

David Coetzee

Posts : 232
Reputation : 0
Join date : 2009-03-31
Age : 54
Location : Randburg

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 11:59 am

Very Happy

gaan doen bietjie research, jy sal sien
Back to top Go down
Guest
Guest



Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 12:05 pm

Is dit nou "research" op dagga, coke of tik Exclamation Question Laughing
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 12:33 pm

Ja Paul, dit maak mens bang om te sien hoe min water daar is. Selfs in Tanzania raak dit minder en daar het ‘n groot krag probleem ontstaan.

Dit is hartseer om te sien dat mere soos Lake Victoria – 70000 vierkante km( 2e grootste in wereld na Lake Superior) se watervlak al drasties gedaal het. Die meer is tussen 40 en 80m diep.

Water tekort Victoria

Lake Tanganyika is weer die 2e diepste in wereld (1470m) en dan is daar Lake Malawi met sigbaarheid van omtrent 70m. Snaaks dat mense dit nie beter benut nie want hier word nog emmers gebruik om water aan te dra. Dalk ook maar goed so anders was daar niks oor nie

Water tekort Tanganyika
Back to top Go down
David Coetzee

David Coetzee

Posts : 232
Reputation : 0
Join date : 2009-03-31
Age : 54
Location : Randburg

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 12:59 pm

Pieter J de Villiers wrote:
Is dit nou "research" op dagga, coke of tik Exclamation Question Laughing

lol! lol!

Ek het nie nou tyd om links te gaan soek nie, maar ek sal dit later vir julle kry.

Wat ek probeer se is, hou op kla en ander mense te blameer, ja die probleem het ontstaan, maar daar kan 'n plan gemaak word!!!

daar is mense wat elke naweek NSW (natural Sea water) by die see gaan afhaal vir hulle See water aquariums. en nie net 'n paar emmers nie, ek praat van oor die 1000 liter.

maar ja, dit hang alles af of jy wil of nie en hou lui 'n mense nou eintlik is.

Regtig dit is veel gemaklikker om op die stoep te sit met 'n drankie en 'n laptop ?
Very Happy
Back to top Go down
David Coetzee

David Coetzee

Posts : 232
Reputation : 0
Join date : 2009-03-31
Age : 54
Location : Randburg

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 1:07 pm

1. http://ga.water.usgs.gov/edu/drinkseawater
2. http://www.sciencedaily.com/releases/2008/02/080229102053
3. http://www.freepatentsonline.com/4373996
4. http://aquarius.nasa.gov/pdfs/prop_fresh_sea.pdf
5. http://www.wisegeek.com/what-is-a-freshwater-generator
6. http://en.wikipedia.org/wiki/Seawater

Very Happy
Back to top Go down
Guest
Guest



Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 2:27 pm

David,

Quote :
Regtig dit is veel gemaklikker om op die stoep te sit met 'n drankie en 'n laptop ?

As die vraag vir my is......................Ek sit nie op die stoep nie, ek "drink" nie en ek haat 'n laptop!

Wat ek wel doen;...................ek sit langs my helder skoon kristal water damme, kyk na my pragtige Koi, is bly my besighede maak geld en se dankie Here dat dit so goed met my gaan!

" Moet jou nie bekommer oor die dag van more nie, more sal vir hom self sorg"

Water tekort C140dbc9

PS: O ja, en ek lees op die forums watse klomp snert party van julle kwyt raak
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 3:13 pm

Moet nie oorlog maak nie. Kom Tanzania toe, want hier is:

Water
Water tekort Water

Drank
Water tekort Drank

Geld
Water tekort Geld

…. En snaakse karakters
Water tekort Funny

cheers cheers
Back to top Go down
Guest
Guest



Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 3:46 pm

WIE MAAK OORLOG???????????????????

Water tekort 2008-11-30Elise344-Copy-1-1-1-1-1

lol!

Water tekort Funny-1-1
Back to top Go down
David Coetzee

David Coetzee

Posts : 232
Reputation : 0
Join date : 2009-03-31
Age : 54
Location : Randburg

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 3:54 pm

Don't worry Pieter, i wasn't refering to anyone in particular, just a generalisation.

I am glad you can enjoy your koi.

Let us just remember who to give all the thanks to that our business's are doing well, hey!!!

Hehehehehehe, thats no lie pieter, friends have the right to call each other things .
affraid

like your water wayne, you can keep the booze, you can share some of the money, what is that character!!!!!

lol! lol!
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort EmptyThu Nov 12, 2009 4:36 pm

affraid cheers

Thanks guys
Back to top Go down
Sponsored content




Water tekort Empty
PostSubject: Re: Water tekort   Water tekort Empty

Back to top Go down
 

Water tekort

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: General :: Chat - Not Koi related-