The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
Dimilin shape foam bubble face western food cape dealers SPOTS Bead filter baytril growth plants pumps 2011 pond plant salt dropsy show electricity skin white babies
Latest topics
» New member, hallo everyone
Chinese visboere wys die pad EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Chinese visboere wys die pad EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Chinese visboere wys die pad EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Chinese visboere wys die pad EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Chinese visboere wys die pad EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Chinese visboere wys die pad EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Chinese visboere wys die pad EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Chinese visboere wys die pad EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Chinese visboere wys die pad EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

March 2024
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Chinese visboere wys die pad

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Chinese visboere wys die pad Empty
PostSubject: Chinese visboere wys die pad   Chinese visboere wys die pad EmptyFri May 08, 2009 10:29 am

Landbou weekblad. Interessante artikel deur Kobus Van Tonder - Mikro-ekostelsel - Sywurm pupae



Kleiner boere wat weens beperkte bronne onder druk verkeer om produkte met 'n hoër eenheidswaarde te produseer, kan grootliks baat vind by 'n geïntegreerde visboerdery soos dit deur die Chinese bedryf word. Dié oeroue metodes is besig om die Weste en ook Suid-Afrika stormenderhand te verower.

Suider-Afrika word deur groot voedseltekorte in die gesig gestaar. Een oplossing is om opnuut na ander wêrelddele te kyk in 'n poging om boerderymetodes te vind wat op eie bodem toegepas kan word. Een van dié metodes is die Chinese se geïntegreerde varswatervisboerdery.

Twee Suid-Afrikaners, mnre. Henk Stander, van die Universiteit van Stellenbosch, en Michael Joubert, van KwaZulu-Natal, het pas teruggekeer van China waar hulle as genooide gaste van die Chinese regering saam met etlike ander 'n kursus in geïntegreerde varswatervisboerdery bygewoon het.

Mnr. Stander, bestuurder van die akwakultuurprogram aan die universiteit, sê dat China soortgelyke probleme as waarmee Suider-Afrika nou te kampe het, oorkom het. Deur ontwikkelingsprogramme te loods, het hulle op voedselgebied selfversorgend geword.

Een van dié programme was geïntegreerde varswatervisboerdery. In die lig van kwynende seevisbronne en moontlike proteïentekorte onder hul groot bevolking, het die Chinese regering gedurende die vyftigerjare van die vorige eeu die ontwikkeling van laekoste-varswatervisboerdery in binnelandse damme as 'n nasionale voorkeursaak gestel. Gedurende die afgelope 20 jaar alleen het die produksie van varswatervis as gevolg daarvan vyfvoudig toegeneem.

Hierdie konsep van 'n geïntegreerde visboerdery het eintlik al eeue gelede sy beslag gekry. Dit is nou só groot in omvang dat daar nêrens elders ter wêreld iets is wat naastenby daarmee vergelyk kan word nie. Vandag beny verskillende lande in die wêreld die Chinese - veral ontwikkelende lande, sê mnr. Stander.

Al het die Chinese stelsel 'n eiesoortige karakter aangeneem, kon ander lande nie eintlik anders as om deeglik daarvan kennis te neem nie. "Ook by ons is daar toenemende belangstelling in hul metodes. Die Chinese, ten spyte daarvan dat hulle lank geïsoleer was, is meer as bereid om hul kennis met ander te deel, en dit by uitstek met daardie ontwikkelende lande waar voedseltekorte dreig."

Vandaar die uitnodiging wat mnr. Stander en ander te beurt geval het om 'n kursus van etlike maande in visboerdery daar by te woon. Hy is deurgaans goed ontvang, al was die taalprobleem groot. Baie min van die Chinese kan Engels verstaan.

Die Chinese regering borg dié kursus, wat in 'n stad in die suidooste, genaamd Wuxi, aangebied word. Die navorsingsentrum vir varswatervis daar spits hom veral toe op die wetenskaplike studie van die tradisionele tegnieke wat verband hou met geïntegreerde visboerdery en die beskikbaarstelling daarvan aan ander wêrelddele.

Mnr. Stander sê die belangrikste kenmerk van varswatervisboerdery daar is die inskakeling daarvan by diereproduksie en gewasverbouing. Vis bly egter die hoofproduk. Die oeroue beginsels van poli-kultuur met hoofsaaklik karp is steeds van toepassing. Hierdie karpsoorte, waarvan sommige plantvreters is en ander omtrent alles vreet wat voorkom, se dieet word onder meer met alle denkbare plantreste, misstowwe en ander neweprodukte van die plaas aangevul.

Eintlik vervul varswatervis in die Chinese se gemengde boerderystelsels bykans 'n soortgelyke rol as dié van vee in Suid-Afrika. Die verskil is dat hulle met hul lang geskiedenis, wat oor duisende jare strek en met soveel mistiek vervul is, visboerdery tot 'n fyn kuns vervolmaak het. Die tegnologie daaragter spreek van soveel eenvoud dat dit soms - vir die deursnee kommersiële boer in die Weste, in elk geval - aan die naïewe grens.

Daar moet egter nie uit die oog verloor word nie dat hierdie tegnieke en toerusting deur boere in die praktyk ontwikkel is en die toets deurstaan het, sê mnr. Stander.

Geïntegreerde visboerdery soos dit in China bedryf word, bied die volgende voordele:

Die totstandkoming van 'n mikro-ekostelsel waarvolgens bronne hersirkuleer word en besoedeling sodoende bekamp word. Byvoorbeeld, die mis van vee en pluimvee is goeie organiese bemestingstowwe vir die visboerdery. Damslik word om die beurt weer as bemesting vir voergewasse gebruik, wat aan vee, pluimvee en selfs vis gevoer kan word.

Meer voedsel is beskikbaar vir menslike gebruik. Dit is omdat misstowwe en plaasafvalprodukte gebruik word, in plaas van duur kommersiële visvoer wat uit graan en diereproteïene bestaan. Dit stel meer voedsel beskikbaar vir menslike gebruik. Dié stelsel verseker dat alle beskikbare water, grond en damslik vir voedselproduksie aangewend word. Só word ganse en eende in hokke op visdamme geproduseer wat deels toegang tot die dam bied. Op die damoewers word vrugte, bessies en groente verbou, of varke word daar aangehou, terwyl voergewasse op die omliggende grond verbou word.

Bykomende werkgeleenthede word geskep, danksy die intensiewe aard en die groot verskeidenheid wat geïntegreerde visboerderye bied.

'n Verlaagde insetkoste, wat hoofsaaklik teweeggebring word deur die meeste plase se vermoë om hul eie voer te produseer, in plaas daarvan om van duur, kommersiële viskos afhanklik te wees.

Hieruit is dit duidelik dat produksiefaktore soos grond, water en arbeid bykans voluit benut word. Weinig word weggegooi. Alle afvalprodukte en oesreste word êrens op die plaas tot die algemene voordeel aangewend. Boonop gebeur dít alles terwyl die ekosisteem in balans gehou word - 'n ware bewaringsboerdery. Dit is werklik jammer dat die Weste so min weet oor hoe goed die geïntegreerde visboerderye in China werk, sê mnr. Stander.

"Hierdie oeroue tegnologie vir geïntegreerde varswatervisboerdery is só fyn deurdink en beplan dat ons dit steeds in die jaar 2003 met groot sukses vir die ontwikkeling van akwakultuur in die platteland kan toepas. Eweneens is dit net so waardevol vir moderne kommersiële stelsels waar vis kunsmatig en met behulp van gevorderde tegnologie geproduseer word. Dit is veral waardevol as volhoubare ontwikkeling die belangrikste oogmerk is."

Die Chinese se bron van kennis en ervaring op dié gebied is ontsaglik groot - waarskynlik veel meer as dié van die res van die wêreld tesame. Veral die kleiner plase met beperkte bronne en wat finansieel sukkel, en wat daarby ook onder druk verkeer om produkte te produseer met 'n hoë eenheidswaarde, kan baie hierby baat vind.

Dit geld ook vir verarmde landelike gemeenskappe wat hul bron van voedsel en inkomste wil vergroot. Die mistiek van die Ooste sal egter eers daaruit gehaal moet word alvorens hul tegnieke by ons aanklank gaan vind en as riglyne alhier gebruik kan word.






Só doen die Chinese dit

Mnr. Henk Stander sê dit is nogal 'n besonderse ervaring om te sien hoe die Chinese die uiteenlopende bedryfstakke van hul boerderye ineenskakel. Só sal die mis van vee (dit kan groot-, klein- of pluimvee wees) gebruik word om moerbeibome te bemes waarop sywurms leef. Die sywurms se papies en uitskeidings sal om die beurt weer gebruik word om vis te voed, terwyl die herfsblare van die boom in die winter as veevoer dien. Die kokonne word gebruik om klerasie van te maak.

Vissoorte wat mekaar aanvul, word in dieselfde dam aangehou. Die graskarp - wat, soos sy naam aandui, 'n planteter is - sal byvoorbeeld met gras gevoer word wat onder meer op die oewers van die dam groei. Dié gras word in fases gesny en bloot in die water gegooi. Ander vis trek ook hieruit voordeel, soos wanneer die gras verrot en sodoende voedingstowwe vrystel. Die uitskeidings van die vis verryk weer die water, of word deur die silwerkarp gevreet.

Nóg 'n faset van visboerdery waar die Chinese die voortou geneem het, sê mnr. Stander, is dat hulle daarin kon slaag om plankton te kweek, wat as voedingsbron dien vir elke groeistadium van see- sowel as varswatervis - selfs vir die kleinste vissies wat niks meer as larwes is nie. Dít bring verdere besparings aan voerkoste mee. 'n Dam word eenvoudig met dieremis bestrooi, wat as voeding vir plankton dien en wat om die beurt weer daarin geënt word. Daarna word die vis daarin geplaas.

Nóg 'n ou tradisie is die gebruik van kruie as vismedisyne. China is tans in 'n fase waar chemiese gifstowwe uitgefaseer word en dit met kruipreparate vervang word. Dit sluit onder meer bekende kruie in soos gemmer, kaneel en wilde arbei. Verskeie ernstige siektes, soos enteritis en vinverrotting, word onder meer daarmee behandel.

Kruie pas natuurlik goed in by volhoubare boerderymetodes en die voorkeur van verbruikers vir organies geproduseerde voedsel. Kruie is nie giftig vir visse nie en besoedel ook nie waterbronne nie. Daarbenewens werk dit voorkomend deur onder meer die visse se immuniteit te verhoog.

Oor die bemarking van varswatervis, sê hy dat die Chinese tradisioneel voorkeur gegee het aan die verskillende karpsoorte. Noudat hulle egter selfversorgend op voedselgebied is, verskuif die klem na wins en geldmaak sodat toenemend duurder en meer eksotiese visse geproduseer word. China beskik ook oor 'n groeiende visuitvoermark na Amerika.

Desondanks hierdie neiging is visbemarking in China nog nie juis op waardetoevoeging ingestel nie. Vis word nog merendeels lewend in tenks bemark en die verbruikers verkies dit so. Die groot meerderheid van die bevolking het in elk geval nog nie geriewe om voedsel te bevries nie, sê mnr. Stander.

Verskeie aspekte wat verband hou met varswatervisboerdery sal egter nog nagevors moet word. Dit sluit onder meer studies in oor die geskiktheid van damme vir visboerdery, die ekonomiese aspekte van 'n visboerdery, goedkoper, maar doeltreffende maniere om vis te voed, en die baie fasette wat die teel daarvan beïnvloed. Die klem moet ook val op die bevordering van inheemse soorte, terwyl die invoer van uitheemse soorte liefs vermy behoort te word.
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
 

Chinese visboere wys die pad

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Koi Food / Nutrition :: Koi Food-