The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
skin dealers shape pond plants bubble show foam babies growth pumps electricity 2011 dropsy clinofish Dimilin filter face plant cape food baytril salt Bead SPOTS western
Latest topics
» New member, hallo everyone
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

May 2024
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Rezanne



Posts : 64
Reputation : 0
Join date : 2008-01-15

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyFri Jun 20, 2008 2:53 pm

Die volgende inskrywing verskyn op Lodie de Jager se blog op www.mooiloop.co.za Enjoy!


Sib Andela - op 68 begin die lewe! - Lodie de Jager

Ek en Nic en Sib ontmoet vir die eerste keer in Egipte. Ons het uit verskillende rigtings gekom en het later weer verskillende rigtings gegaan.

Die waarheid is dikwels vreemder as fiksie. Dit is 'n Maandag aan die einde van April. Ek is al my derde dag in Wadi Halfa in Noord-Soedan. Die weeklikse ferry Aswan toe sou eers die Woensdag vertrek.
Teen dié tyd het ek almal in die omgewing geken en hulle vir my. Die teeverkoopster het al geweet hoe ek my tee drink, die Pepsiverkoper het al 'n yskoue Pepsi vir my gereed gehad as ek aankom, en die kosverkoper het steeds nie sy hande gewas as hy vir my 'n deurmekaarmengsel kos in 'n broodjie ingewurg het nie. Die vetterige hande is daarna aan sy vuil wit rok afgevee voor hy die volgende eter bedien het.

Binne dié 20 meter mikrokosmos het ek ook die eerste aand daar in die warm woestynwind buite gesit en saam met die manne op 'n erg flikkerende televisie gekyk hoe 'n Soedanese sokkerspan Sundowns uit Suid-Afrika afgeransel het.

Dié Maandagmiddag sit ek toe in die skadu en kyk na die blou en geel vragmotors wat die mense tussen die woestyndorpe vervoer. 'n Diep vuilrooi Land Cruiser het van regs na links voor my oor die groot sandoopte verbygery. Die kleur het nie by die plaaslike voertuie gepas nie. In die hoop dat dit ander overlanders kon wees, het ek agter hulle aangestap. Dit was toe Sib en Nic Andela. Ek het my ontmoeting met hulle daardie tyd op die Dagboekinskrywing uit Wadi Halfa beskryf.

Sib is 68 jaar oud en woon in Johannesburg. Nic is 35 en 'n dokter in Londen.

As twaalfjarige seun het Sib 'n boek gelees van 'n reis tussen Noordkaap in Europa en Kaap Agulhas in Suid-Afrika. Die boek het hom toe al geïnspireer om ook eendag die lang roete tussen die twee Kape te gaan ry. 56 jaar later het hy vir hom 'n Vespa-bromponie gekoop om die reis van suid na noord te doen. Wyse man wat Nic is, het hy besluit om sy pa ten minste deur 'n groot deel van Afrika te begelei. Sib het die helfte Maart uit die Kaap vertrek en Nic het hom later by sy pa aangesluit.

Die Vespa met 'n 250 cc enjin het goed gedoen en flink tot noord van Nairobi gevorder. Dit was vir Sib en die geel Vespa 'n uitstekende prestasie om tot in Marsabit te ry voor die slegte pad, spesifiek die dik modder, hom gedwing het om die Geel Wonder op 'n bus se dak te laai en tot by Isiolo met die bus te ry. As julle na die foto’s kyk, sal julle verstaan. Die Vespa is nie vir sulke pad gebou nie.

In Ethiopië het Sib weer vetgegee en noord van Addis Abeba my twee Duitse vriende Anja en Anne ontmoet. Op die slegte pad tussen Gondar en die Soedanese grens het hy weer die verstandige weg gevolg en sy Vespa op 'n vragmotor gelaai. Gly-gly is hy en die Vespa en vragmotor die berge af tot by die Soedanese grens waar hulle die volgende dag aangekom het.

Ek en Sib het mekaar met twee ure in Khartoem in Soedan by die Blue Nile Sailing Club, waar ek gekampeer het, gemis.

Nic en Sib is toe ook weg Dongola toe en het vandaar die Nubiese woestyn aangepak. Toe ek die foto’s sien wat Nic van sy pa in die woestyn geneem het, kon ek net glimlag. Die Ou Bul (Sib) was regtig vasberade om by Noordkaap uit te kom!

Sib en die Vespa het moedig teen die sand voortgeveg. Toe die Vespa egter regop alleen in die sand bly staan het, het beide geweet: Ook die woestyn is nie Vespa-wêreld nie.

Daar was nie vragmotors of busse waarop die geel Vespa gehys kon word nie. Tot Nic se onsteltenis het hy gesien waarheen sy pa gekyk het: Die dak van die Land Cruiser! Na vele redenasies het die pa se senior stem gewen en is die Vespa toe op die dak gelaai. Die slegte pad was genadeloos en die Cruiser en veral die Vespa het lelike krap- en skuurmerke opgedoen. So, met die Vespa op die Cruiser se dak, het ek die twee in Wadi Halfa ontmoet.

Sib beplan om op 22 Junie by Noordkaap aan te kom. Dit sou dan hy en sy vrou se veertigste trouherdenking gewees het. Ongelukkig is sy 'n paar jaar gelede aan kanker oorlede.

Terugslae was daar genoeg. Sib het so vyf keer hard met die bromponie geval. In Jordanië is hy toegang tot die land geweier en moes hy en Nic hul roete verander om deur Israel te ry. En nou het Rusland hom ook nog toegang geweier.

Die toer Noordkaap toe het 'n hele gesinsuitstappie geword. Nic en Nicky vlieg van Londen af Noordkaap toe om die ou Bul daar op 22 Junie te ontmoet. Sib se enigste dogter Elizabeth vlieg van Suid-Afrika af Noordkaap toe om op daardie dag by hom te wees.

Ek wonder of enige iemand al die roete met 'n Vespa gery het. Weet enige iemand miskien?

Ek haal my hoed vir Sib af wat sy droom so intens leef. Mag hy Noord Kaap veilig op 22 Junie bereik, en mag die weersiens met sy kinders op daardie vergoed vir die ligte hartseer wat diep in die ou Bul se sensitiewe siel sal wees.

Tot ons weersiens op my stoep in Naboom! Hamba kahle!

PS Ek het nou 'n sms van Sib ontvang. Rusland het hom 'n dag later toegelaat om sy reis deur Rusland voort te sit op pad Noordkaap toe.
Back to top Go down
Colyn

Colyn

Posts : 413
Reputation : 0
Join date : 2008-04-21
Age : 71
Location : Nelspruit

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Re: Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyTue Jun 24, 2008 10:46 pm

Ek volg Lodie se reis baie slaafs op sy Blog Wink ... what an experience and what a guy Smile
Back to top Go down
http://forum.tripwired.co.za/index.php
Rezanne



Posts : 64
Reputation : 0
Join date : 2008-01-15

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Sib en sy Vespa   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyFri Jun 27, 2008 2:24 pm

Sib het dit gemaak
Back to top Go down
Rezanne



Posts : 64
Reputation : 0
Join date : 2008-01-15

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Lodie gooi 'n Kaapse draai   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyMon Jul 07, 2008 1:28 pm

Colyn wrote:
Ek volg Lodie se reis baie slaafs op sy Blog Wink ... what an experience and what a guy Smile

Hi Colyn

Lodie het gou 'n Kaapse draai gegooi by my kantoor. Hy het vanoggend sy fiets op die Kaapstadse lughawe gekry en beplan reeds die volgende reis.

Ry vanaand tot by Matjies, more Colesberg, dan Potch en huis toe vir hom. Wil Vrydag op kantoor wees.
Back to top Go down
Colyn

Colyn

Posts : 413
Reputation : 0
Join date : 2008-04-21
Age : 71
Location : Nelspruit

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Re: Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyMon Jul 07, 2008 2:08 pm

Jis dis great news ... ek het heelwat op sy blog gepost ... so as jy weer met hom praat kan jy gerus sê dat ek sy trip slaafs gevolg het en dat hy a groot aandeel daaraan gehad het dat ek my GT verkoop het en a GS aangeskaf het.
Back to top Go down
http://forum.tripwired.co.za/index.php
Rezanne



Posts : 64
Reputation : 0
Join date : 2008-01-15

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Re: Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyMon Jul 07, 2008 4:58 pm

Ek maak so. Hy sal seker vanaand op Matjies mail trek.
Back to top Go down
Colyn

Colyn

Posts : 413
Reputation : 0
Join date : 2008-04-21
Age : 71
Location : Nelspruit

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Re: Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe EmptyMon Jul 07, 2008 11:06 pm

Thanks.
Back to top Go down
http://forum.tripwired.co.za/index.php
Sponsored content




Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty
PostSubject: Re: Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe   Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe Empty

Back to top Go down
 

Op 'n Vespa oor die Afrika-vaste na Europe

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: General :: Chat - Not Koi related-