The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
white Dimilin Bead cape dropsy food foam SPOTS growth bubble salt dealers plants filter shape pumps show baytril western babies skin plant 2011 face pond electricity
Latest topics
» New member, hallo everyone
Vis dood!! EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Vis dood!! EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Vis dood!! EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Vis dood!! EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Vis dood!! EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Vis dood!! EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Vis dood!! EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Vis dood!! EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Vis dood!! EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

March 2024
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Vis dood!!

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Vis dood!! Empty
PostSubject: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 1:52 pm

Ek stoei nou weer met water en vis wat vrek.
Ek het 2 weke terug 'n lekplek in my dam op een of ander manier opgetel. Ek het maar aanhou optop en het verlede week besluit om maar te laat leegloop tot by die lekplek. My vermoede is dat die lekplek rondom die bottomdrain is. Die dam self is ±120mm dik met staal bekusting en elke ding. Ek kon nog geen krake/barste sien nie.
Het toe 'n plastiekswembad geleen en gisteraand volgemaak en Aquazime ingegooi. Die dam het vanoggend nog so 1 voet water aan die vlak kant ingehad en ek het die visse oorgeplaas in die swembad.
2 uur nadat ek dit gedoen het, bel my kinders baie benoud en laat weet die visse is besig om dood te gaan.
Ek het dadelik huis toe gery en met my aankoms daar was 2 kleintjies reeds dood. Ek het toe al die vis weer terug in die dam gegooi. Intussen is nog twee dood, waaronder 2 van ±25cm. Dit lyk of die ander redelik herstel het en wissel van rondswem tot net float in die water. Ek het toe weer die water getoets en chloor is 0.
Ek het 'n pompie in die water wat water deur die lug terugspuit in die dam, so ek dink nie suurstof is die probleem nie.
Ek is moedeloos en weet regtig nie wat om te dink/doen nie. Dis asof iets die visse vergiftig.

Ek sal regtig enigiemand se hulp & raad waardeer.

Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
bubbles

bubbles

Posts : 86
Reputation : 0
Join date : 2007-12-07
Age : 42
Location : Cape Town

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 2:22 pm

Hi Deon ek is maar reedelik nuut in die Koi stokpertjie maar iets wat ek heel aan die begin geleer het is dat sekere plastiek swembaddens is behandel met " Algeside " wat geftig is vir die Vis.
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 2:24 pm

Hi Deon

Jammer om te hoor van jou probleme. My eerste gedagte was chloor, maar jy het die moontlikheid uitgeskakel.

Een moontlikheid is parasiete wat die stress van die visse uitgebuit het en vermenigvuldig het, maar die visse is te vinnig dood. Miskien moet jy tog net 'n skraping neem om seker te maak, maar die kanse is uiters skraal.

My gevoel is dat daar 'n toksiese middel in die portapool was wat die probleme veroorsaak het.

Verskeie mense het my al meegedeel dat 'n nuwe portapool 'n toksiese uitwerking het weens die kleurstof wat hulle gebruik om die plastiek te kleur, alhoewel ek dit persoonlik nog nie ervaar het nie. Ek gebruik talle portapools sonder probleme. Was dit 'n nuwe of ou portapool?

Alhoewel jy die suurstof uitgesort het in die portapool, kan dit moontlik wees dat hulle 'n knou gekry het as gevolg van die min water waarin hulle was voordat jy hulle oorgeplaas het na die portapool, veral as daar dalk "sludge" onder gebly het. 1 voet water is nie baie nie en jy het seker nie enige suurstof aanvulling gehad nie.

Die ander moontlikheid is 'n groot PH verskil tussen die twee damme gepaard met 'n groot temperatuur verskil, wat die visse in skok kon plaas.


Last edited by Admin on Wed Apr 02, 2008 2:35 pm; edited 1 time in total
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 2:31 pm

Hi Bubbles, ons het ons boodskap gelyktydig gepos. Ek het ook gehoor van die algeside, dit sal alles afhang van hoe nuut die portapool was en dit hang seker af van die vervaardiger daarvan.
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
bubbles

bubbles

Posts : 86
Reputation : 0
Join date : 2007-12-07
Age : 42
Location : Cape Town

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 2:42 pm

Ek dink dit hang seker af van waar jy dit porta pools kry want ek het 3 wat ek op die oomblik gebruik en ek het geen probleme nie Smile ek het die swart liner porta pools.
Back to top Go down
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 3:14 pm

Sorrie, vergeet om 2 goed te noem:

'n Vriend van my het alreeds die swembad gebruik om sy kois in te hou terwyl hulle sy dam ge-upgrade het. Hy was dus al vir dieselfde doel gebruik.

Ek moes met 'n klein bietjie silicone 'n prop aansit op die dam. Kon dit dalk dit gewees het?

Dankie vir almal se hulp, raad en besorgdheid. Sad

Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 61
Location : Cape Town

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 3:26 pm

Hi Deon

Ek het al honderde kere silicone gebruik sonder probleme. Ja, dit is toksies, maar die hoeveelheid behoort geen impak te he nie.

Ek dink dit los jou waarskynlik met die suurstof opsie, of het jy nou weer brandewyn gemors toe jy oor die rand geleun het? Rolling Eyes
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
bubbles

bubbles

Posts : 86
Reputation : 0
Join date : 2007-12-07
Age : 42
Location : Cape Town

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 3:30 pm

Ek stem met Paul ek het ook al baie silicone gebruik.

Brandewyn = Karate Water nie Koi water LoL

Oh ja Deon hoe groot is die opslaan dametjie en hoeveel vis is daar in en watter filters het jy daarop ?

Ek is maar net neskuurig.
Back to top Go down
Guest
Guest



Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 4:37 pm

Deon,

jammer om te hoor van die verlies.

Jy weet ons doen dom goed as ons "stress" en dan doen ons goed sonder om te dink.

Ek weet nie met wat jy die vis gevang het nie, hoe vuil die water was toe jy hulle gevang het nie en hoe lank jy hulle rond gejaag het om almal te vang nie, maar ek kan jou wed dat al hierdie faktore daartoe gelei het tot die vis se dood.

Tien teen een het die pH tussen die water in die dam en die in die porta pool ook verskil.

Ek glo die vis was gestress en geskok van daar die sterftes en ek is seker dit het niks met die porta pool te doen nie.


Last edited by Pieter J de Villiers on Thu Apr 03, 2008 10:35 am; edited 1 time in total
Back to top Go down
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyWed Apr 02, 2008 4:47 pm

bubbles, vir eers geen filters nie, sou dit môre doen. My dam het vinniger begin leegloop as wat ek gedink het.
Die visse het begin vrek 2 uur nadat ek hulle in die swembadjie gesit het. Dit kan dus nie filtrasie of filters wees nie. Ek wag nog om te hoor by die vriend by wie ek die swembadjie leen om te hoor of hulle dit met seep gewas het na gebruik.

Pas bevestig. Glad nie met seep gewas nie.

Deon
Back to top Go down
http://www.sincro.co.za
bubbles

bubbles

Posts : 86
Reputation : 0
Join date : 2007-12-07
Age : 42
Location : Cape Town

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyThu Apr 03, 2008 7:49 am

Pieter,

Indien 'n mens well so 'n noodskuiwing moet maak soos wat Deon moes wat sal jy se is die regte manier om dit te doen ?

As ek dit nie mis het nie het ek gelees dat as die koi in min water is soos 'n sak of water word gedreineer uit 'n dam tot baie min verlaag die Ph om die amonia minder giftig te maak of iets in daardie lyn, hoe kom 'n mens daar verby en as jou visse in skok gaan of ernstig " overstress " wat kan 'n mens doen behalwe jou sout insit ?

Jammer as die vrae maar dommerig klink ek het nog baie om the leer.
Back to top Go down
Guest
Guest



Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyThu Apr 03, 2008 9:59 am

Bubbles,

Ja, elke persoon benader die vang van Koi anders.
Maar daar is seker reels aangaande die vang van Koi.
Eerstens moet jy die regte toerusting he om dit te doen en daar moet voorsorg getref word sodat die nuwe "tuiste" van die Koi gereed is om hulle te ontvang.
Om die water te verminder veroorsaak dat die Koi besef dat om te ontsnap baie skraal is en dit veroorsaak dat hulle meer suurstof gebruik met die gevolg dat die " afsaksel" en " vuilgoed" wat nou versteur word deur die gespartel van die vis deur hulle kiewe gaan en bydra tot die "stress"

Eerstens moet die tydelike dam voorberei word voor die vis oorgeplaas word:
1. Tap water in die dam en vergelyk die ph van die water met die van die dam water van waar die vis kom. Pas dit aan indien nodig.
2. Toets vir cloor
3. Voeg sout in die water ( 3kg per 1000lt) water.
4. Sorg dat daar genoegsame suurstof in die water is.
5. Laat dit so vir eendag voordat die Koi daarin geplaas word.

Wanneer dit alles gereed is kan die Koi uitgevang word.
'n "Drag-net" is natuurlik die geskikste manier om die Koi by mekaar te maak, waarna hulle met 'n kous-net oorgeplaas kan word.
As 'n "drag-net" nie beskikbaar is nie..................
Moet nie die water verminder nie!
1. Gebruik 'n Koi net
2. Nader die Koi vanaf sy voorkant, doen dit stadig en stuur die Koi rigting waar jy gereed staan met 'n kous-net.
3. Moet nooit die vis met die Koi net uit die water lig nie. Gebruik die Kous net daarvoor.
4. Gebruik die kous-net om die Koi na die tydelike dam oor te plaas.
5. Moet nie die Koi rond gejaag word nie, doen dinge rustig.
6. Indien jy sukkel om 'n Koi te vang, los die gevanery en probeer weer later. Dit is nou maar so dat party visse nie gevang wil word nie (Doitsu Koi is gewoonlik wild en hou daarvan om te spring)
7. Dit is ook goed dat net jy en een helper die Koi vang, te veel mense om die dam laat die Koi nog meer stress.

As die tydelike dam kleiner is as die Koi dam, moet die water gereel vir Amoniak en Nitrite getoets word, en meer "water changes"moet gedoen word. Die Koi moet ook nie vir die eerste 5 dae gevoer word nie en daarna moet baie min kos gegee word.
Met die krag onderbrekings is dit goed om 'n suurstof pomp wat met 'n battery werk byderhand te he indien die krag so af gaan.

So 'n verskuiwing van Koi, veroorsaak meer stress by kleiner Koi.

Dit is ook goeg om 'n net oor die tydelik dam te plaas.
Back to top Go down
Jaco

Jaco

Posts : 700
Reputation : 5
Join date : 2008-02-16
Age : 57
Location : Odendaalsrus Freestate

Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! EmptyThu Apr 03, 2008 3:33 pm

Hi Deon,
Jammer om van jou verlies te hoor.
Jou probleem is beslis toksies, anders sou daar baie meer vis by die skoue gevrek het as dit net PH en temp was.
Ek skyf elke jaar duisende vis van 'n modder dam na skoon nuwe water en het nog nooit 'n vis binne twee uur verloor nie.

Hoe lyk die dooies se kuwe?
Back to top Go down
Sponsored content




Vis dood!! Empty
PostSubject: Re: Vis dood!!   Vis dood!! Empty

Back to top Go down
 

Vis dood!!

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Vroeg Dood

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Koi health and diseases :: FAQ-