The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
baytril food foam pond babies cape growth Bead show Dimilin electricity shape clinofish small salt plants SPOTS face filter 2011 plant dropsy dealers western pumps bubble
Latest topics
» New member, hallo everyone
Jou water en ligte gaan meer kos EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Jou water en ligte gaan meer kos EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Jou water en ligte gaan meer kos EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Jou water en ligte gaan meer kos EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Jou water en ligte gaan meer kos EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Jou water en ligte gaan meer kos EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Jou water en ligte gaan meer kos EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Jou water en ligte gaan meer kos EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Jou water en ligte gaan meer kos EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

April 2024
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930     
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Jou water en ligte gaan meer kos

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Jou water en ligte gaan meer kos Empty
PostSubject: Jou water en ligte gaan meer kos   Jou water en ligte gaan meer kos EmptyThu Oct 28, 2010 9:52 am

Kaapstad. – Elektrisiteit, water en vervoerdienste gaan duurder word, het mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, gister gewaarsku.

Die regering beoog om binne die volgende drie boekjare tot R811 miljard aan infrastruktuurontwikkeling te bestee.

Tot 40% daarvan is vir die energiesektor bestem, 26% vir vervoer en 11% vir watervoorsiening.

“Daar moet vir betroubare elektrisiteitsvoorsiening, skoon water en beter vervoerdienste betaal word. Dus sal ons in die tydperk wat voorlê verdere stygings in tariewe sien.

Dit is onvermydelik, maar die fiskus sal verseker dat basiese dienste steeds vir almal bekostigbaar is,” het Gordhan in sy mediumtermyn-begrotingsrede in die parlement gesê.

Hy het vroeër op ’n mediakonferensie gesê die regering moet eerlik met Suid-Afrikaners wees en erken dat hulle deur ’n uitdaging in die gesig gestaar word.

“Die geld wat ons aan infrastruktuur bestee om basiese dienste te lewer, moet van iewers verhaal word.

“Dis ’n balanseertoertjie om dié geld te verhaal en terselfdertyd te verseker dienste bly bekostigbaar.”

Die nasionale tesourie gaan voorts ingrypende stappe doen om te verseker die staat kry waarde vir sy geld waar verkrygingsprosedures en staatstenders ter sprake is.

Vyf inisiatiewe wat wetgewende en regulerende hersienings insluit, word beoog, waaronder ’n vereiste dat verkrygingsprosedures op alle regeringsvlakke openbaar gemaak moet word.

Streng boetes wat tot dubbel die waarde van ’n kontrak kan beloop, word voorgestel vir verskaffers wat regeringskontrakte op ’n bedrieglike wyse bekom het.

Buiten strafregtelike stappe, sal staatsamptenare wat met tender­bedrog verbind word, aanspreeklik gehou word vir die staat se verliese.

Stappe word ook beoog om te verhinder dat korrupte amptenare vir lang tydperke geskors word en steeds hul volle salarisse ontvang.

Projekte wat duur en ingewikkelde goedere en dienste vereis, gaan geïdentifiseer word sodat die verkryging op ’n sentrale vlak bestuur kan word.

Mnr. Nhlanhla Nene, Gordhan se adjunk, het op die konferensie gesê die staat se verliese weens korrupsie is gróót. Tot R25 miljard se tenderbedrog en korrupte verkrygingsprosedures word tans ondersoek.


Mmmh laat my wonder waar gaan dit eindig want sien die Valsrivier by Kroonstad het 'n e. coli lesing van 245 000 terwyl die maksimum lesing slegs 1000 behoort te wees. Arme vissies.
Ook bly ek het nie Koi in Sannieshof omgewing nie
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Jou water en ligte gaan meer kos Empty
PostSubject: Re: Jou water en ligte gaan meer kos   Jou water en ligte gaan meer kos EmptyWed Nov 03, 2010 1:13 pm

JAGERSFONTEIN. – Dié dorp het al 15 dae nie water nie, maar steeds is daar geen uitsluitel oor die oorsaak vir die watertekort nie.

Die bespiegelinge oor die oorsaak sluit in: ’n nuwe waterpyp wat te kort is; ’n nuwe waterpomp wat water in die verkeerde rigting pomp; ’n te klein waterpomp met ’n te lae druk wat daartoe lei dat slegs die onderste dele van die dorp water het; en toerusting wat nie voldoende is nie.

Volksblad het verlede week berig ’n waterpomp wat in die mynskag op die dorp ingesak het, was toé die oorsaak vir die watertekort. Die Jagersfontein-myn voorsien die dorp van water.

Mev. Lena Hagemann, DA-raadslid in die Kopanong-distrik, sê dit maak nie regtig saak wat die rede vir die watertekort is nie.
“Die punt is dié dorp se inwoners het reeds twee weke lank nie water nie. Dit is absoluut pateties.”

Die boodskap wat sy gekry het, is dat die myn aan die probleem werk omdat die munisipaliteit steeds nie die probleem kan oplos nie.

“Ek het die munisipale bestuurder al telkemale probeer nader vir kommentaar, maar kon haar nie bereik nie.”

Hagemann sê verlede week is inwoners ingelig die probleem sou teen Saterdag opgelos wees.

“Ek kan nie glo daar is steeds nie water nie.”

Mev. Hester Maritz, ’n inwoner, sê dinge raak nou heeltemal te erg.

“Om twee weke lank nie water te hê nie is ’n absolute nagmerrie. ’n Mens raak heeltemal desperaat.”

Nog ’n inwoner wat nie sy naam genoem wil hê nie “omdat dié dorp ’n vreemde plek is”, sê hy kan nie beskryf hoe sleg dit op die dorp is nie.

“’n Mens se lewe stort in duie sonder water. Dit is ’n groot krisis.”

Hy sê die mense met boorgate wat hul water aan almal beskikbaar stel, moet bedank word.

Die munisipale bestuurder, me. Lebo Moletsane, het vroeër aan Volksblad gesê Bloemwater gaan die watervoorsiening hier oorneem.

Bloemwater sê hy kan nie nou al vir die probleem aanspreeklik gehou word nie, omdat hy ’n aanvangstydperk van drie maande het.

Moletsane kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.


Last edited by Marius Bezuidenhout on Wed Nov 03, 2010 1:17 pm; edited 1 time in total
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Jou water en ligte gaan meer kos Empty
PostSubject: Re: Jou water en ligte gaan meer kos   Jou water en ligte gaan meer kos EmptyWed Nov 03, 2010 1:14 pm

PORT ELIZABETH. – “Iemand het ons swembadwater gesteel!”

En dit is glad nie ’n grap nie, vra maar die polisie wat gisteroggend self ondersoek by dié swembad in Cotswold gaan instel het nadat die oproep op 10111 deurgekom het.

Maklik 15000L: water is skoonveld. En net die twee diep voetspore in die groentetuin van ds. Danie du Plessis wys die “steler” moes van die muurtjie tussen die swembad en die groentetuin gespring het.

“Seker nadat hy die pyp in die water gesit het,” sug Du Plessis en wys hoe lyk sy skoensole, “glad nie soos dié twee nie”.

Hy loop verder deur sy groentetuin. “Laat ek sulke diep spore?” Nee.

Op die sypaadjie wys hy en sy vrou, Marlene, na die wielspore op die gras. “Hy moes hier kom staan het met die pomp en tenkwa en toe die pyp oor die groentetuin na die swembad gelei het,” mymer hulle hardop.

Sondagoggend het Du Plessis die eerste keer gesien sy swembad se watervlak het lelik gesak.

Toe dit gisteroggend nóg verder gesak het – “en ek weet daar is geen lek of kraak in my swembad nie” – het hy die polisie gebel.

“Vroeër vanjaar het ek 6000L water by ’n man bestel om my swembad te kom opvul. Hy het met sy tenkwa buite die erf stilgehou en die water met ’n pyp na die swembad gepomp. Ek het R800 daarvoor betaal.”

Wat ingepomp word, kan uitgepomp word, dus was dit nie te moeilik vir Du Plessis om die kloutjie by die oor te kry nie.

En hy wéét sy water het nie uit ’n ander swembad gekom nie, “want daai man het my verseker die water het iewers van Uitenhage gekom. Dit was die ene klippies en gruis.”

Hoewel die polisie wel ondersoek kom instel het, kon Du Plessis nie ’n saaknommer gee nie, “want die polisie het my nie ’n saaknommer gegee nie. Hulle het wel gesê hulle sal ’n inskrywing maak.”

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het gesê sover haar kennis strek, is daar nog nooit voorheen ’n klag van diefstal van swembadwater ingedien nie.


- Volksblad
Back to top Go down
Sponsored content




Jou water en ligte gaan meer kos Empty
PostSubject: Re: Jou water en ligte gaan meer kos   Jou water en ligte gaan meer kos Empty

Back to top Go down
 

Jou water en ligte gaan meer kos

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» GemsBok gaan swem
» UV ligte
» Pond ligte
» Water
» water changes

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: General :: Chat - Koi related-