The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
bubble dropsy cape western pond baytril food foam skin Bead filter salt plant SPOTS babies show white plants electricity face Dimilin dealers 2011 growth pumps shape
Latest topics
» New member, hallo everyone
7 maer jare EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
7 maer jare EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
7 maer jare EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
7 maer jare EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
7 maer jare EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
7 maer jare EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
7 maer jare EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
7 maer jare EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
7 maer jare EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

March 2024
MonTueWedThuFriSatSun
    123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 7 maer jare

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

7 maer jare Empty
PostSubject: 7 maer jare   7 maer jare EmptyMon Sep 20, 2010 12:04 pm

Met Blabsa wat so kwaai met ons rugbybase is oor swart en wit in ons Curriebeker (wat terloops goud is), wonder ék, wat Blou is maar vir die Huis van Oranje skree, of ek darem nog vanoggend welkom by my bank gaan voel.

Altyd gedink al kleur wat vir ’n bank behoort te tel is die rooi wat die bankbestuurder sien as ek daar by hom instap en die kleur van ons note.

Ja, Pa, dis nou die ou Volkskas wat jy sal onthou daar van vervloë dae.

Ou Klippies vertel mos dié week daar in die Vuildriehoek vir die mense ek is Blouwillem omdat ek doerie jare al geweet het dit gaan my help om ’n man van kleur te wees, maar toe ek wou kies, was swart en wit klaar gevat.

Mense, maar hoe daadmis ooit gaan daal solank ons soveel oorgewig manne en vroue van die gereg het, weet nugter alleen.

Hierdie week weer sien ons van die rower wat in ’n stormwaterpyp in Tshwanetoria van die polisie ontvlug het, bloot omdat die dienaars van die gereg (dalk eerder van die geregte?) te groot (lees dik) was om in die pyp te pas.

Die krommissaris het mos nou ’n dekreet uitgevaardig dat ’n polisiebeampte sewe jaar lank die Cele-uniform sal moet dra en sorg dat hy of sy daarin pas.

Ja, sewe vet jare en dán sewe maeres. Hy’t niks gesê oor koeëlvaste onderrokke of oor uniforms wat in die was krimp nie.

Nee kyk, ek kan seker nie praat nie, want die enigste twee stukke uitrusting wat ek 40 jaar gelede by die polisie gekry het wat nog vir my pas, is my slaapsak en my das (laasgenoemde knel my, maar ek kan hom darem nog net-net knoop).

Maar ter versagting kan ek darem seker Bultfontein se lekker vet skaaptjops en koeksisters aanvoer, asook die feit dat ek nie meer betaal word om handsakdiewe in stormwaterpype te arresteer nie.

Neef Bartel reken as die Ingelse sokkerklub West Ham United onse Benni McCarthy met R800 000 kon beboet omdat hy nie 13 kg vetjies betyds kon afskud nie, kan ons mos die Cele ding met ons oorbeklemtoonde geregsdienaars doen.

“Hulle moes kastig al van laas jaar af oefen, maar ek sien elke week op straat waggelendes met uniforms wat so groot is dat hulle sweerlik planne daarvoor by die munisipaliteit sou moes ingedien het,” reken hy.

“Jy sal sien hoe vinnig hulle aan die hol en dieet kom as hulle sê nou maar R200 per oorgewig kilogram per maand aan die polisie se weduwee- en weesfonds moet skenk.”

“Ja-nee,” val Dik Daan ook in die koor, “en dan kan hulle sommer die Dikbokke ook begin beboet dat ons kyk of ons hulle kan streamline voor volgende jaar se Wêreldvreter-kompetisie.”

Ek sien hierdie week met ver­bys­te­ring van die Afrikaan wat nou in Frankryk bly wat 55 kinders by 55 verskillende vroue daar laat registreer het.

Nee kyk, hy laat onse baas soos ’n swak geteelde hingsvulletjie lyk!

Dié ou word mos nou aangekla van vaderskapbedrog omdat hy die staat uit miljoene aan welsynstoelaes vir dié aanteel gekos het.

Soos Oom Johnny sê: “Registrasie is nie die antwoord vir dié ou nie; eerder sekwestrasie of kastrasie.

Daar is in elk geval geen verskil tussen daai laaste twee handelinge nie, want albei gaan hom platsak laat.”

Moet sê, nog nooit só daaraan gedink nie.
Back to top Go down
Neville

Neville

Posts : 1457
Reputation : 1
Join date : 2010-01-17
Age : 76
Location : Krugersdorp

7 maer jare Empty
PostSubject: Re: 7 maer jare   7 maer jare EmptyMon Sep 20, 2010 6:44 pm

Ja Marius lekker leesstof
Back to top Go down
 

7 maer jare

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Fun stuff :: Jokes - General-