Ma sê vir haar seuntjie wat nie sy pampoen wil eet nie:
"Wag maar, vannag kom die duiwel jou haal!"
Daardie nag begin dit vreeslik reën. Die donderweer dreun en weerligstrale klief deur die lug.
Ma raak bekommerd en wil by haar seuntjie gaan sit tot die weer opklaar.
Tot haar verbasing is hy nie in sy kamer nie. Sy kry hom voor 'n oop
yskasdeur besig om pampoen te eet.
Kort-kort prewel hy:
"So 'n fotten moelse lawaai en dit oor 'n klein bietjie pampoen, blikthim