The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
electricity food clinofish salt SPOTS baytril filter growth pumps Dimilin face small foam plants plant babies Bead show cape western dropsy pond dealers bubble 2011 shape
Latest topics
» New member, hallo everyone
Predictions EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Predictions EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Predictions EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Predictions EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Predictions EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Predictions EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Predictions EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Predictions EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Predictions EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

April 2024
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930     
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Predictions

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Predictions   Predictions EmptyTue Jun 29, 2010 12:59 pm

enige prediction vir die game tussen die all blacks en die bokke die 10de jullie

ek glo die bokke sal dit deur haak ons was en het lanklaas so `n klomp goeie spelers gehad maar die aussies en all blacks glo ek gaan alles insit na die afgelope kere dat ons hulle sonder bekers huis toe gestuur het
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
Chris Maritz

Chris Maritz

Posts : 313
Reputation : 8
Join date : 2009-10-06
Location : Port Elizabeth

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyTue Jun 29, 2010 1:52 pm

Bokke wen met 11 punte....
Back to top Go down
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 62
Location : Cape Town

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyTue Jun 29, 2010 1:58 pm

SA: 21
AB: 14
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyTue Jun 29, 2010 2:12 pm

mmm bietjie kwaai vir so `n boksspan ek dink die punte verskill gaan maar min wees onthou dis tri nations wat beteken dis oorlog braai en lekker wees om `n suid afrikaner te wees
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 10, 2010 8:04 am

dasy uit eindelik weer lekker rugby en die span wat gekies is lyk ook goed
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
frans

frans

Posts : 192
Reputation : 0
Join date : 2010-05-25
Age : 53
Location : sundowner randburg gauteng

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 10, 2010 9:33 am

GOOOOOO BOKKKEEEEEE
SA 44
AB 21
Back to top Go down
frans

frans

Posts : 192
Reputation : 0
Join date : 2010-05-25
Age : 53
Location : sundowner randburg gauteng

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 10, 2010 11:08 am

WEL DONE AB DIE #$%^ P%$# ref skiet doe d#$%@
Back to top Go down
Neville

Neville

Posts : 1457
Reputation : 1
Join date : 2010-01-17
Age : 77
Location : Krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 10, 2010 11:34 am


Was dit die bokke, gelyk soos Bafana, wat n klomp gemors. Swakste game in n lang tyd ne.
Back to top Go down
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 10, 2010 2:06 pm

swak ek hoop nie volgende game gaan `n herhaling van vandag wees nie anders kyk ek liewer jukskei
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyMon Jul 12, 2010 8:56 am

ai ai bakkies wat kan ons se nog `n goeie speler af so wat nou
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyFri Jul 16, 2010 7:46 am

wonder of iemand vir more `n score wil waag of gaan ons weer uit wees soos laas naweek met die predictions
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
Neville

Neville

Posts : 1457
Reputation : 1
Join date : 2010-01-17
Age : 77
Location : Krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyFri Jul 16, 2010 8:21 am

24 Bokke

18 die ander
Back to top Go down
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyFri Jul 16, 2010 8:28 am

Ja dit sal nogal nice wees om darem een away game te wen neville die spaqn lyk goed ek weet nie hoekom hulle verlede naweek so uit die bus geval het nie
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
Admin
Admin
Admin

Posts : 2330
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 62
Location : Cape Town

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyFri Jul 16, 2010 11:56 am

Eks te bang om te voorspel, my naam is ook Paul

Predictions Calamari
Back to top Go down
http://www.koionline.co.za
bobby

bobby

Posts : 1375
Reputation : 0
Join date : 2008-06-30
Age : 71
Location : Malmesbury Cape Town

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 17, 2010 9:31 am

Ek het vanoggend 'n positiewe gevoel oor die Bokkies, ons gaan beslis vandag opdaag vir die Game, die Stormer Bokkies moet maar leiding neem. Laughing Laughing Hulle weet mos van opstaan : Cool
Back to top Go down
bobby

bobby

Posts : 1375
Reputation : 0
Join date : 2008-06-30
Age : 71
Location : Malmesbury Cape Town

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 17, 2010 11:25 am

Dit wil my voorkom dat my positiewe gevoel vanoggend oor iets anders moet wees. Wel ek is nog agter die bokkies, net 'n bietjie hartseer, maar 'n Stormer is al gesout met hierdie dinge. Crying or Very sad
Back to top Go down
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 17, 2010 12:24 pm

dis hartseer maar daars darem nog games oor
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Jul 17, 2010 12:42 pm

Dit is omdat die blerrie x FS afrigter wat nou vir WP werk te koud kry op die dak en nie sy vlaggies kan waai nie dat WP nie kon help nie.
Back to top Go down
Neville

Neville

Posts : 1457
Reputation : 1
Join date : 2010-01-17
Age : 77
Location : Krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyThu Aug 19, 2010 2:42 pm

Sjoe n ou kan net verloor, maar ek dink ons kry weer pak, daar is fout in die rugby die manne is nie lus om te wen.

sal maar se

Bokke 15
daai sterk manne 32

wonder wie gaan die ref wees en of hy die kans gaan waag om in soweto K@k te blaas.?

Back to top Go down
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyThu Aug 19, 2010 8:58 pm

ek hoop en bid net die euwel van die vuvuzela geluide sal stil wees
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
Neville

Neville

Posts : 1457
Reputation : 1
Join date : 2010-01-17
Age : 77
Location : Krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyThu Aug 19, 2010 10:16 pm



Hy lag nie, hy huil.


Predictions Image002-8

Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyFri Aug 20, 2010 2:13 pm

2010-08-19 23:38 Beeld

Deur Gert Kotzé

Die Springbokke draf môre in die ENB-stadion voor ’n reuse-skare van 89 000 mense teen die All Blacks uit. Dis egter nie die meeste toeskouers wat nog ’n toets bygewoon het nie. Gert Kotzé berig oor dáárdie toets in 1955 op Ellispark.


Dis vandeesmaand net mooi 55 jaar gelede dat Ellispark en Suid-Afrikaanse rugby ’n rekord opgestel het wat nog nooit oortref kon word nie – ook nie tydens WB 2010 nie.

Op 6 Augustus 1955 is die eerste toetswedstryd tussen die Britse Leeus en die Springbokspan van daardie jaar deur 95 000 toeskouers bygewoon. Dit in weerwil van die feit dat daar geen buitengewone publisiteit oor die wedstryd was nie.

Wel, nie naastenby so intens soos die hoogs professionele bemarking maande lank voor die afskop van WB 2010 nie. Allermins die hoogs irriterende “Feel it, it is here!” dag in en dag uit op RSG.


Dr. Danie Craven noem in sy oorsig van daardie merkwaardige toetswedstryd van 1955 dat die bywoning amptelik op 90 000 gestel is, maar dat beamptes van die Transvaalse Rugbybond later toegegee het daar was stellig tussen 95 000 en 100 000 mense op Ellispark.

Dit was, soos later geblyk het, onmoontlik om akkurate syfers te verskaf weens die onbeheerde toestroming van derduisende toeskouers wat op die skuinswal aan die oostekant van die veld gaan staan het.

Hoe ook al, die rekord-bywoning daardie dag bly merkwaardig, want die destydse Ellispark was geen ENB-stadion (voorheen Soccer City) nie. Die paviljoene was oud en beperk en die openbare geriewe skaars en gebrekkig. Daar was geen sitplekke op die oostelike skuinswal nie.

En buitendien was daar destyds geen staats- en semi-staatsinstellings wat, soos vir die WB 2010, meer as R100 miljoen se kaartjies gekoop het nie.

Terloops, die kaartjies vir die 1955-toets het gewissel van een pond tien vir die staanplekke op die skuinswal tot tien pond op die paviljoene. Só vertel Piet Malan, die oudste lewende Springbok, nou die dag. Piet is 91 jaar oud!

Gewis die vernaamste rede vir 1955 se rekord is die afwesigheid van televisie destyds. Jy móés eenvoudig Ellispark toe as jy die wedstryd wou sien. En die puik openbare vervoer na Ellispark het dit redelik maklik gemaak.


Maar daar was nog ’n belangrike rede vir die buitengewone belangstelling. Dit was waarskynlik een van die skitterendste Britse rugbyspanne wat ooit, selfs tot nou nog, hier getoer het.

En die Springbokspan het oor ’n klompie spelers beskik wie se gelyke selfs vandag nog nie sommer raakgeloop sal word nie. Hulle was ’n nuwe geslag draers van die groen-en-goud ná die gloriejare van Hansie Brewis, Tjol Lategan, Ryk van Schoor en Hennie Muller.

Tom van Vollenhoven, Jeff Butterfield, Cliff Morgan, Dicky Jeeps en, les bes, Tony O’Reilly, was elkeen ’n lopende handelsmerk van rugby se fynste kuns en skouspel.

Ek twyfel trouens of daar die afgelope 55 jaar soveel meesters van die spel in ’n enkele toets in Suid-Afrika gespeel het. Met Jeff Butterfield verreweg die briljantste senter wat ek nog sien speel het.

Dié Engelsman was slim en rats en boonop verskriklik haastig. As hy die dag besluit het hy wil ’n drie gaan druk, het hy dit meestal gedoen.

So te sê van dieselfde gehalte was die jong polisieman van Pretoria Tom van Vollenhoven. Hy kon soos ’n vlakhaas deur die nouste gapings en verby die beste teenstanders galop.

Maar die sterre in hierdie twee spanne was volop. Hoe anders as jy dink aan Tony O’Reilly, die groot en sterk Ierse vleuel met merkwaardige spoed. Soms het hy met daardie sterk lyf eenvoudig deur of oor ’n teenstander gehardloop – soos Jonah Lomu van die All Blacks tydens 1995 se Wêreld-beker-toernooi hier met die Engelse spelers gemaak het.

Cliff Morgan, een van Wallis se vele presteerders in baie jare, het op losskakel die gewoonte gehad om gekke van die ander span se losvoorspelers te maak.

En met Dicky Jeeps aan sy binnekant om hom te voer het die Leeus oor ’n skakelpaar beskik wat enige span probleme sou besorg.

In die Springbokspan was Johan Claassen op slot deurgaans onverbeterlik en Clive Ulyate en Tommy Gentles ’n briljante skakelpaar. Wie sou nie ’n paar pond tien uithaal on soveel talent voor jou uitgestal te sien nie?

Laat staan nog die voorreg om daardie opwindende beweging te kon aanskou wat op Theuns Briers se drie in die laaste minute van die toets uitgeloop het.


Ek het Tony O’Reilly vyf jaar later weer in Cork, Suid-Ierland, raakgeloop. Hy kon steeds nie uitgepraat raak oor 1955 se merkwaardige toets nie. O’Reilly was die David Beckham van destydse rugby.

Wat hy as latere sakeman aangepak het, was meestal ’n sukses. Hy het weldra een van Ierland se vermoëndste sakemanne geword. Stellig daarom dat hy nou al ’n ruk lank as sir Tony O’Reilly bekend staan. Terloops, hy en oudpres. Nelson Mandela is groot vriende. Die gewese president het al ’n slag of wat in O’Reilly se vakansiehuis in die Bahamas gaan rus.

Tom van Vollenhoven is laat in die 1950’s deur ’n Britse beroepsklub gekoop. Dáár het hy met sy skittervertonings gou ’n eietydse legende geword. In die strate van daardie beroepskontrei was hy algemeen bekend as “The Von”.


Maar terug by Ellispark en sy rekord-skare. Wie sal ooit die staande skouspel daar op die oostelike skuins- wal vergeet? Dit was asof ’n klomp skole sardientjies van die suidkus daar kom uitspoel het soos die mensemassa geleidelik opgedam het – mans en vroue en jonges. “Dit was so opmekaar dat jy skaars kon hoes,” het ’n vriend die volgende week gesê. En daar was noodgevalle, maar die omstanders het net anderpad gekyk.

Hoekom nie? Want die groot klimaks sou nog kom.

Die telling op die veld het wipplank gery. Op ’n kol in die tweede helfte het dit gelyk of die besoekers heeltemal sou oorneem. En toe kom daardie skitterende drie deur Theuns Briers feitlik in die laaste minuut. Die telling: Leeus 23, Springbokke 22.

Vir Jack van der Schyff, die Springbok-heelagter wat die drie móés vervyf om Suid-Afrika te laat wen, was dit ’n oomblik van vreugde of pyn. By 95 000 was daar afwagting en spanning.

Soos prentjies van gister bly daardie toneel vandag nog in my geheue lê. Ek sien nog hoe die man se skouers krom trek en sy kop sak terwyl hy die wrede koers van die bal links verby die pale aanskou.

Nou is dit net ’n stukkie geskiedenis, maar daar was op daardie oomblik so baie op die spel vir Jack van der Schyff. Hy moes net op die voorspoedgolf klim wat na hom toe aangespoel het.

Maar hy het nie. En 95 000 toeskouers het hoorbaar stil geword. Dit was die eerste en enigste keer dat hy die Springbok-trui gedra het.
Eina!

- Kotzé was redakteur en sportredakteur van die Vaderland.
Back to top Go down
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Aug 28, 2010 11:24 am

Skuus, moes dit se aangesien ek nie Die Burger se link kon oopmaak nie. Dalk is hulle almal by die Koi skou. jammer manne........

DIE Cheetahs is met hul verrassende sege oor die Westelike Provinsie gisteraand op Nuweland in Kaapstad met mening terug onder die boonste vier spanne in die Curriebeker-kompetisie.

Trouens, met Pumas wat die Bulle in Nelspruit van die vloer af laat eet het, het die Cheetahs van vyfde tot derde op die nuutste puntelys gevorder.

Die Cheetahs se breier, mnr. Naka Drotské, kon nie vir ’n beter begin van die reeks se tweede ronde gevra het nie.

Die Cheetahs het die bordjies mooi verhang nadat WP in die eerste ronde se eerste wedstryd in Bloemfontein baas was. Hulle het WP terselfdertyd ’n tweede agtereenvolgende nederlaag in die reeks toegedien.

Die Streeptruie was tot verlede week onoorwonne toe hulle eerste teen die Haaie en nou teen Vrystaat vasgeval het.

Soos in die eerste wedstryd tussen die spanne, toe die WP se verdediging rotsvas was, het die Cheetahs gisteraand soos tiere verdedig.

Die losskakel Louis Strydom het sy herinsluiting regverdig deur WP kis te skop.

Vrystaat het danksy sy akkurate korrelwerk rustyd met 12-3 voorgeloop en hy het uiteindelik 19 van die wenspan se punte aangeteken.

Afgesien van die losskakel se skopvoet het opeenvolgende drieë deur Kabamba Floors en Jongi Nokwe die Cheetahs ’n goeie buffer gegee net toe WP begin nader kruip het.

Die Cheetahs pak Griekwas in hul volgende wedstryd in Kimberley.

Griekwas sal hul reeks terug op koers wil kry nadat hulle gisteraand in Durban met 30-48 teen die Haaie verloor het.

Bjorn Basson, haastige Springbok-vleuel van Griekwas, se vier drieë gisteraand in die Haaitenk was nie genoeg om die Poubloues te laat seëvier nie.

Basson het daarmee die Griekwa-rekord vir die meeste drieë in ’n Curriebeker-seisoen (11) syne gemaak.

Met sy sewe drieë in Griekwas se laaste twee wedstryde het hy reeds 13 drieë in vanjaar se Curriebeker-reeks gedruk.


- Volksblad
Back to top Go down
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptySat Aug 28, 2010 1:40 pm

ja die verloor vir wp en die blou koeie was nogal verrassend
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions EmptyMon Sep 13, 2010 3:37 pm


’n Mens weet nie of jy moet lag of huil nie, maar in dieselfde week dat Springbok-rugby op sy laagste vlak in vier jaar is, is die rand op sy sterkste!

Vandat ek destyds by prof. Lange 14% vir ekonometrie gekry het, het ek besef dat ek nie ’n ekonoom is nie, en wat ek dus wil vra, is: Loop dié twee goed saam of nie?

Ja nee, soos oom Johnny sê, Snorre se Bokke is geweeg en te swaar bevind.

’n Blou Bul-ondersteuner dreig mos in die koerant dat die poppe nou gaan dans noudat die Bulle hul Springbokke terugkry vir die res van die seisoen.

Toe antwoord ’n ander ou hom dat die poppe nié gaan dans nie, want hulle is te onfiks en dik om rugby te speel, wat nog te sê dans!

Mooi gesê, my ou maat, wie jy ook al is!

Ek en my ou maters kan dit net nie verstaan dat Snorre se kop nie gaan waai en hy wéér net ’n ligte aanmaninkie gaan kry oor sy los praatjies nie.

Hoeveel aanmaninkies het die man dan nou al gehad?!

Soos neef Bartel sê, as sy kop dan nie gaan waai nie, moet sy snor ten minste waai, maar iéts moet waai, anders gaan alles net dieselfde bly.

Oor die Oubokke se sogenaamde kondisioneringsprogram wat hulle die volgende maand of wat moet volg, kon ons ook maar net wonder totdat Dik Daan dié week by sy spioenvriende ’n kopie van Snorre se program gekry het.

In breë trekke lyk ’n tipiese dag in die lewe van ’n Oubok so: opstaan teen halfnege, ligte strekoefeninge saam met vroutjie in die bed, negeuur naels en “designer”-baarde en hare laat kondisioneer, dan ’n laat ontbytjie teen tienuur in ’n bekende koffiewinkel om sakekontakte te ontmoet en handtekeninge uit te deel, afslaan by Woodhill se tiende bof om twaalfuur, teen halfses ’n ontledingsessie saam met die Bokke se videospan (van sy gholfswaai natuurlik, wat anders?).

Dan so ’n ligte kondisioneringsknertsie in die klubhuis om die spanning van groot rugby ’n bie­tjie te verlig en stiptelik negeuur bed toe (omdat bedrus voorgeskryf is vir die moeë liggaam, natuurlik saam met vroutjie om die moeë spiere bietjie te bewerk en te karfoefel, of liewers karnuffel).

Ja vriende, en dis net dag een se program, hoor! Nee kyk, die lewe van ’n Oubok is nie maklik nie.

Ons beleërde Gautengers het hierdie week weer die Cele goeie nuus as laas jaar gekry oor daadmis, naamlik dat meer as die helfte van alle daadmis hier by ons gepleeg word, dat misdade teen kinders en huisrooftogte toegeneem het, maar dat daar gelukkig die afgelope jaar net 16 834 moorde was.

O ja, en dat die ernstige misdryf van fluit op straat met 3,1% en die gebruik van die f-woord met 1,5% afgeneem het.

Nee wat, ons kan saans snoesig en vreesloos tussen die verekomberse indommel.

Wat my egter erg bekommer, is die volgende dag se voorbladberig oor die klein groepie staatsamptenare (net 96 000, oftewel Soccer City vol skelms) wat welsynstoelaes van die staat gesteel het.

Soos oom Johnny sê, hoe de joos kon daai spul dit enigsins bekostig het om te staak?

Ek sien ons president se seun gee darem gelukkig R1 miljard van sy SEB- (Skrikwekkende Ekonomiese Bedrieglikheid) meevallertjie terug vir liefdadigheid.

My kroon, het u laaitie nie dalk vir mý klong ook ’n joppie daar by hulle nie?
Back to top Go down
Sponsored content




Predictions Empty
PostSubject: Re: Predictions   Predictions Empty

Back to top Go down
 

Predictions

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: General :: Chat - Not Koi related-