Die ou tannie gaan na die spesialis om haar borste groter te laat maak. Na die ondersoek vertel hy haar van die nuutste tegnologie. Dis glo pompies wat onder die arms ingeplant word en sodra jy bietjie 'cleavage' wil wys, klap jy net jou arms soos vlerkies en sie daar jou borste is 'n paar nommers groter. Heel in haar skik, stem sy in tot die operasie wat toe 'n groot sukses is. Sy kan nommertjies uitsoek in enige winkel of boutique wat haar voorheen nooit beskore was nie.[size=]
Eendag woon sy 'n 'grand' okkasie by en daar kom 'n 'handsome' omie aangestap. Sy verdwyn om 'n hoekie en klap haar 'vlerkies' om sommer mooi 'cleavage' te wys. Skielik vat iemand aan haar skouer; Toe sy omkyk is dit die einste omie. Hy staan en kap sy kniekoppe teenmekaar en sĂȘ ewe gedwee: "Lyk my ons was by dieselfde dokter