The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
western pumps dealers pond small bubble cape face Bead baytril electricity salt SPOTS show shape plants babies Dimilin growth dropsy food 2011 foam clinofish filter plant
Latest topics
» New member, hallo everyone
nataniel se gym dagboek EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
nataniel se gym dagboek EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
nataniel se gym dagboek EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
nataniel se gym dagboek EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
nataniel se gym dagboek EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
nataniel se gym dagboek EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
nataniel se gym dagboek EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
nataniel se gym dagboek EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
nataniel se gym dagboek EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

May 2024
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 nataniel se gym dagboek

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

nataniel se gym dagboek Empty
PostSubject: nataniel se gym dagboek   nataniel se gym dagboek EmptyTue Aug 03, 2010 9:28 pm

Briljant moet lees

Soos net Nataniel dit kan beskryf!!!

Vir my 37ste verjaarsdag het my dierbare vriend, Werner, vir my ' n
week by Virgin Active gekoop... met ' n persoonlike afrigter. Alhoewel
ek nog ' n redelike goeie lyf het,van al die jare se swem vir die
Universiteit span... 18jaar gelede, het ek besluit dit mag ' n goeie
id?e wees om te gaan.

Ek het die gym gekontak en ' n afspraak gemaak met my persoonlike
afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, ' n spinning
instructor en ' n underwear-model.

Werner was baie beindruk mt my entoesiasme om te begin oefen! Die gym
het my aangemoedig om n dagboek te hou van my vordering:

MAANDAG:

My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis
die moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is
n Griekse God met blonde hare, smeulende oe, n gespierde lyf en die
mooiste glimlag wat ek nog gesien het!!

Woo Hoo!!

Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was
bekommerd oor my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en
verduidelik die rede daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy
stywe oefen klere. Hy het my aangemoedig teryl ek sit-ups gedoen het, al
was my pens al klaar so seer van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my
was. Was baie inspirerend om hom te sien buk om strek oefeninge te
doen!!

Gaan n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir more nie!!

DINSDAG:

Ek moes hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis
verlaat. Steve het my maak op my rug le en n yster paal in die lug hou
bo my gesig... en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie
bewerig op die treadmill, ek het amper n hele 5 minute gedoen. Steve se
mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak! Ek voel WONDERLIK!! Dit
is n nuwe lewe vir my!

WOENSDAG:

Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die
wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee
my tietspiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef
te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motor fiets
gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring dat my
gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te
'perky' so vroeg in die more. Hy irriteer my!
My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen
op die "stair monster" Vir wat de fok sal iemand ' n masjien maak wat
jou laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom
ons hysbakke het. Steve reken dit sal my help om n sexy lyf te kry en
hy het ook ' n klomp ander kak gese.

DONDERDAG:

Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies
uitgesteek het. Ek kon nie help dat ek ' n halfuur laat was nie, dit is
hoe lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat
oefen met dumbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in
die mans toilet.
Vir my straf het hy my op die 'rowing' masjien gesit...ek het
gesink!!

VRYDAG:

Ek haat daai fokken Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit n
ander mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wereld nie.
Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet!. As daar n deel van my lyf
was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee gemoer het.
Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie fokken
triceps nie!
En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir
my die donnerse barbells gegee het nie. Of enige iets wat swaerder as n
toebroodjie is nie!

Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.

SATERDAG:

Steve het n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my
oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie. Toe
ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad
nie. Alles ht gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om
die tv remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.

SONDAG:

Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te
se dat die week verby is en om te bid dat, Werner (die fokker) vir my '
n beter geskenk sal gee volgende jaar!!

Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
 

nataniel se gym dagboek

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Vleisbraai deur Nataniel

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Fun stuff :: Jokes - General-