‘n Trop buffels beweeg net so vinnig soos die stadigste buffel.
Wanneer die trop gejag word is dit die stadigste en swakste agter wat gevang word.
Die natuurlike seleksie is goed vir die trop as 'n geheel, want die spoed en toestand
van die trop verbeter deur die gereelde eliminasie van die swakste troplid.
Op dieselfde manier funksioneer die menslike brein net so goed soos die swakste breinsel.
Soos ons weet, vernietig oormatige gebruik van alkohol breinselle.
Maar natuurlik val die alkohol die stadigste en swakste breinsel eerste aan.
Op hierdie manier, deur gereelde gebruik van alkohol, word die swakste en stadigste breinselle
vernietig, wat dan die brein vinniger en meer effektief laat funksioneer
... en dit is hoekom jy altyd slimmer voel na 'n paar doppe!