The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
growth baytril electricity dealers pumps western face food pond cape Bead salt filter Dimilin plant bubble SPOTS small clinofish shape dropsy foam babies show 2011 plants
Latest topics
» New member, hallo everyone
Raar maar waar EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
Raar maar waar EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
Raar maar waar EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
Raar maar waar EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
Raar maar waar EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
Raar maar waar EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
Raar maar waar EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
Raar maar waar EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
Raar maar waar EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

May 2024
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 Raar maar waar

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Marius Bezuidenhout

Marius Bezuidenhout

Posts : 836
Reputation : 0
Join date : 2009-01-29
Age : 57
Location : Bloemfontein but mostly somewhere else

Raar maar waar Empty
PostSubject: Raar maar waar   Raar maar waar EmptyMon Jul 19, 2010 6:32 pm

Ek sien ons President is nou ná die sokker so begeesterd oor nasiebou dat hy sommer ’n nasionale partytjie wil uitroep en dit nadat ons meer as ’n maand lank heeltyds gepaartie het.

Wat Dik Daan laat uitroep: “Om te dink die Nasionale Party gaan herleef! Wat ’n mooi gedagte!

“Dink julle ouens FW gaan leier word of gaan dit Kortbroek wees?”

Nee, ek weet ook nie, maar ek dink ons sal so stadig aan die werk moet kom, want Kersfees is om die draai.

En terwyl ek saam met die res van die land jubel oor ons groot sukses en Oom Seppie wat ons sommer 9 uit 10 gee, gril en ril ek soos ’n ou wat deur ’n slymerige seekat omhels word as ek “Olimpiese Spele” hoor.

Stadig oor die klippe, mense, ons moet nou eers huise bou en gatslagpaaie regmaak en ons skuld afbetaal.

Of is ek nou ’n ou nat broek?

Die een stukkie goeie nuus van die week is dat ou Snorre die volk plegtig belowe het dat Bakkies nie ’n boef is nie.

Dit is werklik gerusstellend om te weet en natuurlik ken sy liewe coachie en sy ma hom beter as ons gewone ouens.

Oom Johnny sê hy dink die slegste ding vir ou Bullebakkies is dat hy vir die volgende nege weke saam met ons ander manne die gewone ou goedjies in en om die huis sal moet doen wat gewone ouens soos ons maar heeldag en aldag moet doen as ons nie na Bakkies-hulle op TV kyk nie.

Dis nou die gewone Piete wat in drie maande minder verdien as Bakkies en die Boksombende vir ’n enkele verloortoets.

Ja, ou maat, jy gaan in die tuin werk, die trollie stoot in Pik en Betaal, kinders by die stoei en ballet gaan haal, arbeidsdispute met jou tuinman oplos en so aan en so voorts.

Laat dit vir jou ’n les wees!

En so van die tuiningenieurs gepraat: Net soos verlede jaar hierdie tyd het my David Donderdagoggend al bibberende kom aankondig dat hy nie kan werk nie, want daar’s fout met sy oë en toe ek vra maar wat’s fout, antwoord hy sowaar weer ewe koeltjies: “No Sêr, I cên’t see myself wêkking today, it’s too cold.”

Nee kyk, mense, hierdie ou koeligheidjie so kort op die hakke van die sokker het ons diep geraak.

Gelukkig was die spul uitlanders nie verlede week saam met my op Bultfontein nie en hulle is hier weg, vas onder die indruk dat ons die wêreld se sonskynparadys is.

Ja-nee, soos Dik Daan sê, dit was dié week so koud dat tot die politici hul hande in hul eie sakke gehad het.

Oom Johnny sê hy’t so koud gekry dat hy amper verlang het na 1970 en sy kliphard gevriesde army-tent daar by De Brug en dan moet jy weet hoe koud was dit!

En die voorspelling vir volgende week?

Gedeeltelik bewolk, gedeeltelik sonnig en gedeeltelik reg.

Die wonder van navorsing darem!

Dié week hoor ons dat ’n slim ou by die Duke-universiteit in Noord-Carolina (nie die een in Mpumalanga nie) uitgevind het dat die posisie van jou naeltjie die swaartekrag-middelpunt van jou liggaam bepaal en dis hoekom atlete se naeltjies hoër sit as swemmers s’n.

En ja, dis natuurlik ook hoekom Kriekie Januarie se naeltjie nader aan die grond sit as Victor Matfield s’n.

Slim, nè!
Back to top Go down
 

Raar maar waar

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» STOUT MAAR OULIK! .
» Foundations for aboveground brick & mortar filter chambers?
» Bly maar liewer by koi hobby
» Waar kom "ek het jou lief" vandaan?

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Fun stuff :: Jokes - General-