1. Moenie in die see swem nie.
Meer as 99% van alle haai-aanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend as oseane. Die manier om vas te stel of jy in 'n oseaan is, is om die water te proe. Dit behoort sout te smaak. Obvious eintlik.
2. Swem saam met vet mense.
Sorg altyd dat dat daar groot vet mense saam jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom is baie goed!
3. Dokter die sonblok.
Om jou kanse op 'n aanval verder te verklein, vervang die vet mense se sonbrandmiddel met iets wat na gebraaide biefstuk ruik.
4. Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie.
Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy 'n haai gewaar.
Sodra hy lekker bloei, swem so vinnig weg as wat jy kan.
5. Luister noukeurig!
Elke Haai het 'n Theme Song - As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe:
da-dam... da-dam... da-dam
As dit so klink: dadam, dadam, dadam - dan is jy klaar in jou m@#$r.
6. Moenie paniekerig raak nie.
Bly kalm as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou m#$r in en dit sal nie help jy probeer oorleef nie. Die mense op die strand sal dit waardeer want om iemand soos 'n mal mens te hoor skree en gil, is nie lekker nie. Dink aan die kinders man