The Koi Forum
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  SearchSearch  Latest imagesLatest images  RegisterRegister  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
baytril plant pumps plants face dealers western cape filter 2011 foam growth small Bead bubble salt babies food SPOTS Dimilin electricity dropsy pond show clinofish shape
Latest topics
» New member, hallo everyone
die eerlike smous EmptyWed Jun 15, 2022 8:35 am by avisagie

» Waterfall Quiet Air Pump LP-60
die eerlike smous EmptyThu Mar 24, 2022 10:34 am by Ronnie

» Super Acto Flo Moving Bed Bio Media
die eerlike smous EmptyThu Mar 24, 2022 10:28 am by Ronnie

» Concerns about koi pond lining
die eerlike smous EmptySun Oct 17, 2021 12:16 pm by radley

» Nuwe dam
die eerlike smous EmptySat Mar 21, 2020 7:22 am by Bertus

» Help! What do o do with fry??
die eerlike smous EmptySat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
die eerlike smous EmptyFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
die eerlike smous EmptySun Nov 25, 2018 12:52 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
die eerlike smous EmptySun Nov 25, 2018 11:58 am by atb tv

May 2024
MonTueWedThuFriSatSun
  12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 die eerlike smous

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

die eerlike smous Empty
PostSubject: die eerlike smous   die eerlike smous EmptySat Jun 26, 2010 8:05 am

Ek gaan verseker slae kry oor die een maar is nogal goed.

Hulle sê 'n mens praat nie oor jou huweliks probleme met vreemdelinge
nie. So ek het besluit ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie
storie , "soos Joost se boek" net een man kan help het ek my doel
bereik.

Elkgeval om 'n kort storie lank te maak gaan ek by die begin, begin.

Ek het 'n sout van die aarde, kerk mens getrou die tipe mens met wie jy
'n langpad kan loop, 'n graad R onderwyseres, 'n sagge aarde Namakwa
bloeiseltjie. Min het ek geweet daai bloeisel kan verander in 'n kaktus
na 2 jaar van huwelik.

Elkgeval soos met meeste struwelinge in 'n huwelik begin dit gewoonlik
met jou vriende en my vriende. Ek kry toe mos nou gister 'n oproep van
my vetplantjie wat sê ons gaan vanaand baba kyk, nou kyk baba kyk is nie
hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense
is nie. Elkgeval ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en
die volgende oomblik word daar 'n selfoon in my oor neer gebliksem. Nou
ek het nie gedink 'n mens kan 'n selfoon soos 'n ou huisfoon gooi nie,
maar f-kweet mamma is toe so moerig ek hoor eintlik hoe tref hy die
Renault se dashboard. So besef ek mamma bestuur en praat op die selfoon
en raak sommer lus en rapporteer die krimineel, maar wat ek eintlik
gedink het was, wat gaan daai dashboard nie kos om reg te maak nie?


Nou ek is ook nie 'n week getroud nie en ken mamma se stuipe,
eers kry ek die "silent treatment" - sy dink dit is 'n straf maar dit is
eintlik moer rustig.

Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die sarkasme - nou as
jy regtig jou vrou wil bef-k maak dat sy die mure uitklim dat moet jy
maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en neem dit ernstig op. Sy
het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te bewaar en haar ,
haar sin gee, maar toe nie. Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek
daai bo lippie styf soos iets in spasme, en jy moet weet as daai lippie
styf trek, trek die ander 2 toe soos 'n plastiek speel pop se parra.

Maar so staan ek mos nie bakhand vir die wolscooter nie en ek besluit
om aan te gaan met my lewe. Terwyl sy na 'n dag oue baba deur 'n
venster gaan kyk van mense wat ons 1 keer in 2 jaar sien. Goeie tye!
Elkgeval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek
rondloop? Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou! Koop nogal
ewe 'n coke en sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is 'n
millennium man. "Nie dat ek bang is nie"

Elkgeval toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar is
niks gemaak om te eet nie. Dit is mos die ander straf "die ek staak
huiswerk omdat ek nie my sin gekry het nie". Maar my hande is nie rond
nie en ek maak vir myself 'n toebroodjie. Toe sy sien die "ek staak
straf" werk nie kom staan sy voor my en toe begin die k#$. Die Naggg
stadium, 'n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die bybel praat van 'n
vlamme hel, ek se k#$ storie, As daar 'n hel is sal dit wees waar jy sit
met 7 vrouens wat gelyk sanik oor hoe 'n k#$ mens en man jy nou werklik
is. Die ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.

Maar so is ek mos nie 'n klip nie, en raak ook moerig en sommer vinnig,
en besluit maar nou sit ek my voet neer. Verduidelik toe vir haar dat ek
nie werklik minder kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek
nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie. En dat sy moet oor dit kom, of haar
isues gaan afstap en my f-kken uitlos. Maar steeds hou sy nie op
nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om hand gemeen te raak. Nou, ek
besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en
ek bliksem toe maar 'n bord teen die kombuis vloer neer. Man die stukke
het nog nie eens gaan stil lê nie en sy gryp my beursie en pluk my 2de
laaste R50 vir die maand daaruit en sê sy gaan more 'n nuwe bord koop.
Maar teen die tyd is ek al so liries bef-k en ek ruk sommer self my
laaste R50 uit en sê sy moet maar twee koop, en ek gryp nog 'n bord en
mik-mik so na haar voete met 'n wille swaai beweging van my arm asof ek
epilepsie fake. Sy skrik en koes koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy
vir haar vriende verduidelik ek het haar toon met 'n bord gebreek. Maar
met die wille aap dans van haar begin ek net te lag en besef hoe
belaglik die hele affêre nou eintlik is.

F-kken groot fout bra, jy lag nie vir 'n vrou wat kwaad is nie! Eers
gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net net en gooi amper die
agterdeur se venster uit. Toe gryp sy 'n liter coke, ek wou nog koes
maar toe tref hy my net so links onderkant my penis se voorpunt "so
langs die knie". Sjoe! Dit was close. Maar die aanval stop toe nie daar
nie en mamma storm die kombuis binne soos een van daai mal vrouens op
Flavour Flave. So besef ek, ek het myself in die kombuis
vasgekeer, 'n groot fout.

En die dag voor dit het ons Ninja Assisans gaan kyk, nog 'n groot fout.
Ek dog sy sê dit was 'n k@# fliek, maar sy het duidelik meer aandag as
ek gegee in die bioskoop. Sy trek daar los met kaal hande, maar daai
arms swaai asof sy 2 ninjakas met spykers in rond slinger. Ek focus en
gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar f-k weet, sy doen
daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op die bors so
tussen die moobs "man boobs". So skop my so hard, laat ek hik en op my
gat gaan sit. Daar lê ek in die kombuis so langs die Addis vullis blik
tussen die stukke gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer
spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel.

Vir 'n oomblik is ek in skok en dit voel soos 'n ewigheid wat ek daar lê
maar 2 sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar die keer met 'n
besem. Wragtig 'n f-kken besem, ek het nooit gedink sy weet wat 'n
besem is nie, maar sy weet hoe om met hom te slaan.

Ek het mos nou die dag national geographic gekyk en besluit om in 'n
bondel te gaan lê en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie
ek het steeds op my moer gekry. As dit nie was dat sy so onfiks is nie,
was ek seker nou nog op die kombuis vloer tussen die splinters besig om
pak te kry soos 'n bergie wat 'n fiets probeer steel het.

Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die kat van
die gordyn raam afklim het ons wel lekker gelag oor die mannewales en
vrede gemaak. Maar ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms 'n
pakslae kry by mamma, ek het net nooit gedink ek sou een van hulle
gewees het nie. Die blink kant van alles is dat ek nou slaap soos 'n
baba, want ek weet as daar 'n inbreker kom gaan hy goed op sy moer kry.
Hoop net hy breek eers 'n bord.
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
vossie

vossie

Posts : 631
Reputation : 11
Join date : 2010-05-25
Age : 59
Location : krugersdorp

die eerlike smous Empty
PostSubject: Re: die eerlike smous   die eerlike smous EmptySat Jun 26, 2010 8:06 am

Soos meeste getroude mans weet, is die skoner geslag se koppe nie aldag lekker opgeskroef nie. Ons aanvaar hulle raak soms emosioneel vir
enige iets. Daar is selfs ‘n boek, “Men are from Mars-Women are from Venus”, wat veronderstel is om mans te help om vrouens te verstaan.
Die probleem is egter dat mans nooit handleidings soos diè gaan lees nie.

‘n Man het nie ‘n boek nodig om ‘n Tv in te stel nie, en hy het ook nie ‘n boek nodig om vir hom te sê hoekom ‘n vrou se kop raas nie.
Dit is soos die son en die maan, dit gebeur daagliks en ons aanvaar dit maar so….. Soos my storie hieronder:

Nou kyk...my Namakwa kaktussie is eintlik ‘n baie selfstandige vrou en ek hoef haar nie meer as eenkeer ‘n maand met ‘n oophand te slaan nie.
Maar laas vrydag het sy besluit dit is tyd om daai “two-stroke” motor in haar kop te “start”, en glo my so ‘n “2-stroke” kan raas.

Dit was weer ‘n vrydag middag en ons was laat vir ‘n Smous braai! Ek was egter net laat want die braai het 4 uur begin en ek was eers 6uur
genooi. As ek dalk Nostradames of Siener van Rensburg as vak gehad het op skool, sou ek geweet het van die braai en hoelaat dit begin het.
Maar ek het net aardrykskunde en wiskunde gehad so al wat ek weet is hoe om daar te kom en hoeveel om saam te neem.

Elkgeval so in die aantrek kry ek nie my sokkie nie en ek maak my eerste fout van die aand.

Ek vra vir mamma waar is my sokkie?
Ek dink dit was ‘n geldige vraag want sy was immers die persoon wat dit laaste gehad het, sy het dit gewas, opgehang en van die wasgoed-draad afgehaal.
Maar nee, toe nie ‘n goeie vraag nie, want ek kry toe so die wit van die oog (dit is soos ‘n baie vuil kyk) en ‘n sarkastiese antwoord dat sy nie my sokkies dra nie!
Nou hel, ek weet sy dra nie my sokkies nie, en dit was nie my vraag nie, ek wou weet of sy weet waar dit is, want sy het dit laaste gehad. Maar om ‘n pakslae
te vermy het ek maar stil gebly en self begin soek.

Nou mamma hou nie van laat wees nie. So wat sy maak is, sy gaan sit in die kar en wag met die “casserole” op die skoot en ‘n halwe bottel
rooiwyn (waaraan sy al vanaf 5uur teeg) tussen die voete. Intussen hop ek in die huis rond opsoek na my sokkie se maat. Dit was nie lank
nie toe is mamma terug en die huis en wil weet hoekom ek so draal?
Ek verduidelik dat ek nie my sokkie kry nie en ek maak toe my 2de fout en noem dit is omdat die huis deurmekaar is. Oooo heretjie was dit nie ‘n fout nie!
Daai kaktussie begin toe sulke dorings uitslaan en dorings laat haar harder praat. Sy blameer toe my varksugtigheid en dat dit eintlik my skuld is dat die huis so lyk.
Net daar maak ek my 3de fout en wys vir haar alles wat rondlê en dui ook aan op die feit dat, dit is haar plakkies in die hoek, dit is haar glas op die koffie tafel,
dit is haar bord op die kombuis counter, dit is haar trui op die sitkamerbank, dit is haar skoolsak in die gang.

Toe besef ek, nou is ek in die sop want ek was reg. Jy ken daai gevoel, jy dink jy het gewen want jy het haar verkeerd bewys, maar eintlik het
jy sopas jouself in die poepsak bygekom.

Ek kry toe weer daai stywe lip en besluit los die sokkie en trek ‘n paar plakkies aan. Nou oppad in die kar kan ek sien Kaktussie wil
baklei maar sy weet net nie hoe om te begin nie. Sy moet mos nou die storie so draai dat dit my skuld is. Vra toe of ek dink sy is ‘n
skoonmaker? Ek weet toe wat ek ookal sê gaan verkeerd wees en ek sê toe maar net ek is lief vir haar en dat ek wil nie baklei nie.
Maar praat wil sy praat, hulle gaan mos so deur die trappe van vergelyking daai tyd. Die gunsteling een is ……ek is nie jou ma nie, daarna, ek is
nie jou bediende nie, en dan ten laaste sê hulle jy moet van nou af jou eie wasgoed was. Maar ek was rustig het nie teë gepraat nie, want
my kombuis vloer-moer was nog vars in my gedagtes.

Maar so gearriveer by die Smous is daar niks fout nie, die glimlag word weer opgesit en mamma en pappa is lief vir mekaar. In die kombuis
vertel sy egter vir die vrouens hoe deur die dinges ek is, en in die kroeg vertel ek vir die manne hoe in die sop ek is. Die aand was egter ‘n sukses,
die “two stroke” se olie het opgeraak en die koppie het opgehou raas en mamma was weer normaal.

Ook net totdat ons by die huis kom en ek sluit daai voordeur oop. Toe ek daai sleutel draai is dit asof ek daai “two stroke” weer opstart,
maar in plaas van olie, is hy nou vol rooiwyn en nou raas hy eers.

Ek dog ek klim nog so in die kooi en lê my kop neer vir ‘n goeie nag rus toe hoor ek iemand breek die skottel goed. Ek skrik so groot ek
draai om, om haar wakker te maak en sê iemand breek haar borde, maar sy is nie daar nie. Ek gaan stel ondersoek in en daar staan my
kaktussie, 2uur in die oggend besig met die skottel goed. Sy was hom nie normaal nie, sy was hom so met klinkkende simbale, aspris so hard
dat ek nie kan mis sy was skottel goed nie. Ek het nog probeer mooi praat en soebat dat sy moet kom lê, want pappa is mos nou nog so effe
lus ook na ‘n braai, maar nee mamma is op ‘n “mission”.

Man, ek het net ingeslymer toe start sy daai elektrolux op. Ek kry so ‘n koue rilling wat my skrotum weer op ‘n plooi trek toe ek wakker
skrik. Weet jy hoe klink ‘n stofsuier 3 uur die oggend as jy wind dronk is? Nou word daar gesuig, ek word mos nou gestraf.
Gelukkig het ek later my bewussyn verloor en kon ek verder slaap. Ek weet nie wanneer daai koppie ophou raas het nie,
maar toe ek wakker word die volgende oggend lê mamma langs my, nog ewe met haar geel rubber handskoene aan.

Ek staan toe later saggies op om met ‘n bruin-beer te gaan worstel wat in my maag grom. Ek loop soos ‘n trapsuutjies na die badkamer en laat
sak die sitplek stadig, maar toe daai eerste plons geluid die water tref staan mamma langs my! Nou moet jy weet dit kan nie ‘n mooi
gesiggie wees nie, die hare staan soos ‘n bos-heks, die gesiggie is vol plooie gelê met die oë so effe rooi soos gister aand se wyn. Dan
staan daai vuisies nog so gebal met die geel rubber handskoene ook. Wat maak jy vra sy? Nou weet ek nie mooi wat om te antwoord nie, sy
lyk asof sy kan moor. Ek bollie, antwoord ek haar toe maar eerlik. Sy het toe eintlik net vir my kom sê dat ek nie teen die rand moet dinges
nie want sy het skoongemaak, daarna het sy weer gaan slaap.

Ek moet bieg die huis was silver skoon die volgende dag, maar my sokkie is nogsteeds weg. Ek dink ek het dit by die gym
verloor, maar dit is tussen ons en my vrou hoef dit nie te weet nie.

Groete
Die eerlike smous
Back to top Go down
http://www.theltbclub.co.za
 

die eerlike smous

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Fun stuff :: Jokes - General-