Vossie,
Die heel eerste ding waarna jy moet kyk as jy Koi koop is om te sien of die Koi gesond is.
Laat die handelaar die vis wat jy in die oog het in 'n bak plaas soos dat jy dit goed kan bekyk.
Let op die volgende:
1:Swem die vis normaal?
2:Rooi merk of skubbe wat op lig en stukkende merke aan die kop of lyf.
3.Opgeswelde plek of knop op die lyf, of 'n gebuigde lyf.
4.Verlies van enige vinne
5.Gekrulde, split, stukende of ongesonde vinne. (Rooi vinne)
6.Groot kop en maer lyf
7.Opgeswelde Kiefplate of kiewe wat nie mooi toemaak nie.
8.Beserings aan die oe of mond
9.As die vis nie in die verkoops dam saam met die ander swem nie, en net eenkant stil le.
As die Koi enige een van die bostaande het, moet jy nie die vis koop nie.
As daar dooie vis in die verkoops dam is, of die water in die dam "melkerig" is, moet jy nie koop nie.
As die Koi jou inspeksie slaag kan jy na die volgende kyk soos wat die vorige ouens gepos het.