The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  CalendarCalendar  FAQFAQ  SearchSearch  RegisterRegister  MemberlistMemberlist  UsergroupsUsergroups  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
lice Bobby pump Waterplants electricity Chris supaverm airlift vacuum filter dealers drum western SPOTS disease cape nexus BLACK profidrum shimmies pumps dropsy List media spawn Bead
Latest topics
» Help! What do o do with fry??
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeSat Jun 01, 2019 2:34 am by Zombolina

» A magical Japanese garden
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeFri May 24, 2019 1:45 pm by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 The vats part 2
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeSun Nov 25, 2018 11:52 am by atb tv

» Nogyosai Nagaoka koi show 2018 the vats part 1
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeSun Nov 25, 2018 10:58 am by atb tv

» Pump size relative to the rest of my equipment
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeFri Aug 31, 2018 10:04 am by Bilaal

» Off the grid
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeSat Aug 25, 2018 5:53 pm by GREGB

» Japan souvenir 2017 part 1
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeSun Jan 21, 2018 12:59 pm by atb tv

» Ikeage 2017 of 80cm+
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeWed Dec 27, 2017 1:58 pm by atb tv

» the ponds in 2017
"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeTue Dec 26, 2017 3:14 pm by atb tv

July 2019
MonTueWedThuFriSatSun
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031    
CalendarCalendar
Affiliates
free forum


Share
 

 "wat moet ek koop" vervolg vanaf "pond build

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Admin
Admin
Admin

Posts : 2521
Reputation : 46
Join date : 2007-07-25
Age : 57
Location : Cape Town

"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Empty
PostSubject: "wat moet ek koop" vervolg vanaf "pond build   "wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeFri Oct 12, 2007 10:40 am

In reply to:

"Paul, baie, baie dankie vir jou antwoord wat jy met goeie voorstelle beantwoord het ... en jou sekerlik 'n tydjie moes vat.

Ek hou van jou aanbeveling en gaan dit beslis print en begin soek.

Is dit feite dat jong visse nog baie van kleur kan verander? Indien waar, hoe koop 'n mens dan? (sorrie vir die stupid vraag. )

Deon"

_________________________________

Deon, dit is juis die uitdaging van die stokperdtjie om n klein koi te kies wat dan ontwikkel in n puik koi en die beginsels wissel van varieteit tot varieteit, en dit is n onderwerp waaroor mens n boek kan skryf.

Indien dit maklik was om te kies wanneer hulle klein is, sou dit nie so groot uitdaging gewees het om die regte keuse te maak nie.

Om n Kohaku as voorbeeld te gebruik, indien n Kohaku klein is en aantreklike donker rooi patrone het, gaan hy jou aandag trek bo die ander, maar dit gaan nie n goeie kwaliteit Kohaku wees twee jaar later nie. Indien hy egter meer oranje is wanneer klein, gaan jy opeindig met n beter dieper rooi wat gaan hou. Hoe stadiger die rooi ontwikkel, hoe beter volwasse vis. Hier speel bloedlyn ook n rol. Die beginsels waarna mens moet kyk wissel selfs soms van teler tot teler.

Indien n Kohaku se wit en rooi baie gebalanseerd is (50/50) wanneer hy klein is, gaan die rooi baie "skimpi" wees wanneer hy groot is. Die wit in verhouding met die rooi word baie grootter. Koop dus n Kohaku met baie meer rooi as wit.

Indien n Kohaku van n swak bloedlyn kom, ontwikkel hy soms swart "spots" of verloor sy kleure in totaal en dit maak hom dadelik onaantreklik en minder waardevol.

Daar is altyd n risiko. Selfs die top experts kan nie altyd s hoe die vis gaan opeindig nie.

Hoe grooter die vis, hoe kleiner is die kans dat hy baie gaan verander. Dit is juis waarom daar so groot verskil in prys is tussen n 12 cm Tosai en n 40 cm Nisai.

Daar is weer ander varieteite wat baie meer geneig is om te verander. 'n Klein Kumonryu kan wit wees met onaantreklike swart onder die vel. 'n Paar maande later kan hy weer feitlik pikswart wees of andersom. Mens is totaal in die donker wanneer mens n Kumonryu koop. Hy staan bekend is die verkleurmannetjie van Koi.

So kan mens aangaan. 'n Shusui moet eerder n ligte blou kleur h wanneer klein. Dit word dan n mooi donker blou later. Indien hy reeds donker blou is wanneer hy klein is, word die blou amper swart, maar weereens, dit wissel ook soms van teler tot teler.

n Pragtige spierwit klein Platinum Ogon verander in n oogwenk in n wit vis met swart of selfs geel onaantreklike skynsel n jaar later.

Dit is waarom dit belangrik is om maar n bietjie ekstra te betaal vir Japanese visse, want as jou bloedlyn reg is, is jou risiko soveel minder. Ek het al soveel keer gehoor mense s hulle gaan nie Japanees koop nie want die SA visse lyk net so mooi .. (wanneer klein ja) . Hulle sluk gewoondlik hul woorde n paar jaar later.

_________________
Paul Viljoen
E Mail: koi@absamail.co.za ; http://www.koionline.co.za

Koi are not my whole life but make my life whole
Back to top Go down
View user profile http://www.koionline.co.za
Deon



Posts : 53
Reputation : 0
Join date : 2007-10-09
Location : Kempton Park, Johannesburg

"wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Empty
PostSubject: Re: "wat moet ek koop" vervolg vanaf "pond build   "wat moet ek koop" vervolg vanaf  "pond build Icon_minitimeFri Oct 12, 2007 12:25 pm

Paul, jy gee duur raad ... maar ek neem kennis en gaan waarskynlik daarby berus en jou aanbeveling volg.

Nogmaals baie dankie.
Deon
Back to top Go down
View user profile http://www.sincro.co.za
 

"wat moet ek koop" vervolg vanaf "pond build

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Who is "mac" ?
» Sujets "tabous"/ viter
» "Blended" Composts?? Help!!!
» Opuntias from the "wild"
» "Blended" Compost

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Koi appreciation :: How to choose koi-