Ná pouse vra juffrou vir Jannie wat hy tydens speeltyd gedoen het.
"Ek het saam met Sannie in die sandput gespeel" sê Jannie.
"Jannie, as jy vir my 'sand' kan spel, dan kan jy maar vroeg huis toe gaan." Jannie spel toe die woordjie en juffrou laat hom gaan.
"En wat het jy gedoen, Sannie?"
"Juffrou, ek het saam met Jannie in die sandput gespeel!"
"Sannie, as jy vir my 'put' kan spel, dan kan jy ook maar vroeg huistoe gaan." Sannie spel toe die woordjie en juffrou laat haar ook gaan.
"En wat het jy tydens pouse gedoen, Sipho?" vra juffrou.
"Ek wou saam met Jannie en Sannie in die sandput speel, juffrou, maar hulle wou nie met my speel nie". "Haai, siestog Sipho, dis darem verskriklike rassediskriminasie daai!
As jy vir my ‘rassediskriminasie' kan spel, dan kan jy ook vroeg huis toe gaan!"