The Koi Forum

The place where koi hobbyist's and dealers meet
 
HomeHome  PortalPortal  CalendarCalendar  FAQFAQ  SearchSearch  RegisterRegister  MemberlistMemberlist  UsergroupsUsergroups  Log in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Keywords
skimmer feeding Bakkie waterproofing sand microscope Potassium chagoi zeolite salt pond pump medication food filtration ponds shower bakki filter filters liner eyes Light trickle bead pumps
Latest topics
» Euregio 2013 koi show vat 21 to 39
Today at 9:31 am by atb tv

» Euregio 2013 koi show vat 1 to 20
Yesterday at 4:10 pm by atb tv

» Filter brushes 400mm
Yesterday at 10:51 am by Anver

» the koi pond of Nicolas
Yesterday at 10:38 am by atb tv

» Filter brushes 400mm
Mon Jun 17, 2013 12:22 pm by Anver

» Sakura koi Farm Purchase
Fri Jun 14, 2013 9:14 am by Johan Theron

» Filters & Uv Light
Fri Jun 14, 2013 7:28 am by Egan65

» Question on flow rates
Fri Jun 14, 2013 7:27 am by Egan65

» the pond of Jean Marc
Wed Jun 12, 2013 7:11 pm by atb tv

June 2013
MonTueWedThuFriSatSun
     12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
CalendarCalendar
Affiliates
free forum

Share | 
 

 Hoe lank behoort ek te kwarantyn

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Admin
Admin


Posts: 2504
Reputation: 42
Join date: 2007-07-25
Age: 51
Location: Cape Town

PostSubject: Hoe lank behoort ek te kwarantyn   Tue Sep 25, 2007 12:38 pm

Ek glo dat daar nie regtig ‘n vaste tydperk gekoppel kan word aan ‘n kwarantyn tydperk nie, aangesien daar soveel faktore is wat ‘n rol speel.

1. KHV: Die heel belangrikste aspek om te oorweeg met bepaling van die tydperk, is om te bepaal of KHV dalk teenwoordig kan wees. Dit sal afhang van of die nuwe aankomeling getoets is vir KHV en of die handelaar reeds behoorlik gekwarantyn het vir teenwoordigheid van KHV met gepaardgaande manipulasie van temperatuur om KHV bloot te lê indien teenwoordig. Die bron van die nuwe aankomelinge speel ‘n geweldige groot rol by die tydperk wat nodig word. Indien onseker, behoort die kwarantyn tydperk ten minste 8 weke te duur met behoorlike inagneming van die ondergenoemde faktore.

2. Temperatuur: Die meeste parasiete, bakterie en virusse is betreklik onaktief terwyl die water temperatuuir baie laag is. KHV sal byvoorbeeld eers sy kleure wys wanneer ‘n temperatuur van ten minste 18 grade Celsius bereik is. Indien visse gekwarantyn word tydens die wintermaande, behoort hulle tot ten minste ‘n maand na die aanbreek van somer gekwarantyn te word. Die "nasties" gaan eers hulle kleure wys nadat dit warm genoeg is. Indien elektriese verhitting gebruik word, beinvloed dit natuurlik die beginsel en ook of die kwarantynfasiliteit binne of buite geleë is.

3. Immuniteit: Die immuniteit van die visse speel ook ‘n baie belangrike rol, wat direk saamhang met die temperatuur van die water en die tyd van die jaar. Aan die einde van die somer is die vis se immuniteit op sy beste en tydens winter weer op sy laagste. Tydens lente, al is dit al redelik warm, het die vis se immuniteit nog nie kans gehad om op te bou nie. Dit neem ten minste ‘n maand van redelik warm weer alvorens die vis se immuniteit weer in volle swang is en kom nie eensklaps terug nie. Dus is dit altyd beter om nuwe visse in die somer by te voeg. Die aanbevole kwarentyn period is drasties laer, en visse kan selfs met redelike veiligheid binne 10 dae bygevoeg word, met dien verstande daar is geen ander faktore teenwoordig is wat ‘n langer tydperk verg nie.

4. Risiko analise: Die tydperk benodig hang baie nou saam met die risiko wat jy as Koi entoesias bereid is om te neem, en dit kan nie bepaal word deur enige buitestaander nie. Daar is altyd ‘n risiko dat jy vis kan verloor weens die aanvulling van nuwe vis, selfs nadat jy vir tot drie maande gekwarantyn het. Die vraag is, hoeveel risiko is JY bereid om te neem met inagnemeing van jou finansiële vermoë. Kan jy bekostig om van jou bestaande kolleksie te verloor. Indien jou antwoord zero risiko is, moet dan nooit nuwe vis byvoeg nie, maar dan kan jy ook nie regtig die stokperdtjie uitleef en geniet nie. Wat ook baie belangrik is, is wat die waarde van die vis in jou hoof dam is, want dit bepaal die mate van risiko wat jy neem om nuwe vis by te voeg.

5. Behandeling tydens die kwarantyn periode: Die tydperk benodig hang ook baie nou saam met die wyse waarop gekwarantyn word. Daar is baie entoesiaste wat hulle visse ‘n Potassium en sout bad gee by aankoms, dit herhaal twee dae later, ‘n skraping neem om te bepaal of daar enige pasrasiete teen woordig is, en indien nie, suksesvol die nuwe aankomelinge saam met hulle bestaande visse voeg. Twee baddens gaan die risikos baie verminder en die tydperk benodig om te kwarantyn verkort. Indien jy toegang het tot ‘n mikroskoop en skrapings neem vir parasiete gaan dit die risikos verminder en eweneens die tydperk en risiko verminder. Indien antibakteriële medikasie gebruik word of selfs soos sommige, ‘n antibiotiese behandeling toedien as voorsorgmaatreël, gaan dit die tydperk benodig verminder. Selfs die kwaliteit van die fasiliteit gaan ‘n rol speel, soos byvoorbeeld die effektiwiteit van die filter, hoeveelheid suurstof en in die algemeen, die kwaliteit van die water. Hier moet ook bepaal word of die teikendam se water gebruik is in jou kwarantynfasililiteit soos aanbeveel, en het jy een of twee van jou bestaande versameling se vis saam met die nuwe aankomelinge geplaas met ‘n daaropvolgende positiewe reaksie deur beide die huidige vis wat saamgevoeg is en nuwe aankomelinge.

6. Die reaksie van die visse tydens kwarantyn: Jy moet jouself die vraag afvra, het die visse positief op die kwarantyn tydperk gereageer. Indien daar enige tekens van probleme tydens kwarantyn was, behoort die tydperk drasties verleng te word.

7. Vertroue in jou handelaar: Buiten wat reeds genoem is ten opsigte van KHV, is vertroue in jou handelaar ook baie belangrik. Daar is handelaars wat visse verkoop ten spyte van die feit dat hulle bewus is van ‘n infeksie. Hulle doen dit want hulle kan nie bekostig om alle verkope te staak net omdat daar ‘n moontlikheid van ‘n bakteriële of virus infeksie onder hulle visse is nie. Hulle maak staat op volgehoue verkope om hul maandelikse verpligtinge na te kom. Vra jouself die vraag af, is jou handelaar dalk een van hulle. Hoe meer jy jou handelaar vertrou, hoe korter die aanbevole kwarantyn tydperk, maar meer belangrik, koop net van handelaars met ‘n goeie naam en reputasie. As daar enige twyfel is oor die toestand van hulle visse, bly weg. As daar ‘n geskiedenis van KHV of gesondheidsprobleme is, bly weg.

Die kruks van die saak is, daar is nie ‘n vasgestelde tydperk vir kwarantyn nie. Elkeen moet dit vir homself uitmaak hoe lank benodig word, met behoorlike inagneming van die faktore hierbo genoem.

As jy bereid is om 'n risiko te neem hoef jy nie te kwarantyn nie. Onder normale ommstandighede is 4 weke voldoende, en as daar enige risiko is van KHV, moet jy kwarantyn vir ten minste 6 weke in warm water.
Back to top Go down
View user profile http://www.koionline.co.za
 

Hoe lank behoort ek te kwarantyn

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

 Similar topics

-
» Hoe lank is 'n Koi se geheue?
» Taking Care of Freshwater Fish Again! - Bremerton Area

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
The Koi Forum :: Quarantine and transport of Koi :: Quarantine-