Posts : 85 Reputation : 0 Join date : 2009-07-15 Age : 49 Location : Northmead Benoni.
Subject: Tests and test kits. Thu Mar 11, 2010 7:33 am
More aan al koi vriende.
Vir die eerste paar weke van my koi dam het ek weekliks my water laat toets om seker te maak alles is reg. Na 6 weke het ek dit maandliks begin toets. Sover baie gelukkig dat ek geen probleme gehad het nie.
1.My vraag is waar kry mens die regte kit om jou water volledig te te toets. Wil my water self toets by my huis. 2. Moet mens sout permanent gebruik of slegs as jy probleme het? Bang dat parrasiet sout gewoond raak op 3kg/1000lit. 3. Water tipe mikroskoop kan ek aanskaf vir parasiet opsporing.Soek iets wat werk en nie iets wat amper sal werk nie.
Dankie vir enige hulp.
Neville
Posts : 1457 Reputation : 1 Join date : 2010-01-17 Age : 77 Location : Krugersdorp
Subject: Re: Tests and test kits. Thu Mar 11, 2010 8:34 am
Hi Christo
Ek gebruik sout net as ek n brobleem sien kom. Vir my is sout n medikasie en behoort dit nie al die tyd gebruik te word nie. Nooit minder as as 3kg/1000 lt.
Vir jou water toets is die lys van goed wat jy kan gebruik baie lank. Ek gebruik pond sticks op die oomblik dit is baie eenvoudig, gou en se vir my n hele paar goed. Dan het ek ook n elektroniese PH meter.
Die regte mikroskoop is beskikbaar by Lasec se net vir hulle jy soek n mikroskoop vir jou koi hulle sal weet 100x tot 400x hulle sal dit aflewer. Myne was R1600.00 as ek reg onthou. onthou net om ook die glasies te koop vir jou monster asook cover plates. Koop ook die lig wat met elektriese teit werk saam. As hy nog daar is vra vir Mnr De Beer.
Jy kan kom kyk as jy jou vissie kom haal.
Christo
Posts : 85 Reputation : 0 Join date : 2009-07-15 Age : 49 Location : Northmead Benoni.
Subject: Re: Tests and test kits. Thu Mar 11, 2010 8:58 am
Dankie Neville. Op die oomblik vir die afgelope 2 maande het ek geen sout in my water nie. Wil dit so hou en soos jy se net gebruik as 'n medikasie. Het jy dalk 'n nommer vir die mikroskoop mense?
Chris Maritz
Posts : 313 Reputation : 8 Join date : 2009-10-06 Location : Port Elizabeth
Subject: Re: Tests and test kits. Thu Mar 11, 2010 11:37 am
Klink miskien stupid maar kyk by Toys R Us. Hulle verkoop 'n mikroskoop vir R799 wat x100 tot x1200 vergroot. Dit werk BAIE goed. Het sy eie lig, werk met batterye of krag, kom met glasies, carry bag, en nog ander goed.
Christo
Posts : 85 Reputation : 0 Join date : 2009-07-15 Age : 49 Location : Northmead Benoni.
Subject: Re: Tests and test kits. Thu Mar 11, 2010 11:59 am
Dankie Chris. Sal die shopping ding maar moet doen,iets wat ek nie van hou nie.