KoiForum

Koi Online's Forum - All about Koi SA
 
HomeHome  ­FAQFAQ  ­SearchSearch  ­RegisterRegister  ­MemberlistMemberlist  ­UsergroupsUsergroups  ­Log inLog in  
Post new topic   Reply to topicShare | 
 

 Hartseer Koi-storie in Beeld

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Annette



Posts: 20
Join date: 2007-07-29
Location: Vredenburg

PostSubject: Hartseer Koi-storie in Beeld   Mon Aug 06, 2007 10:53 am

Hi julle,
Ek het die tragiese storie op Beeld se webtuiste raakgelees. Die webbladverwysing is http://www.news24.com/Beeld/Pretoria-Beeld/0,,3-69_2156299,00.html.

Dis baie hartseer!


Duisende rand se skade
Gerhard Uys
’n Enkele Sjoesui-koivis is al wat oorgebly het nadat sowat 400 koi- en goudvisse ter waarde van sowat R35 000 wreed by ’n troeteldierwinkel in Faerie Glen vergiftig is.

Mnr. Fanus Dorfling en me. Marici Samuelson, eienaars van Wings and Koi Things, het verlede week vertel daar het die oggend van 22 Julie soveel dooie visse in hul voorraaddamme gedryf dat hulle nie eens die water kon sien nie.

“Dit maak ons verskriklik hartseer,” sê Fanus, “veral omdat ons twee kliënte se visse opgepas het”.

Volgens hom is watermonsters aan die polisie sowel as Waterlab, ’n onafhanklike laboratorium wat watermonsters ontleed, gestuur.

Fanus sê die polisie se toetse het tekens van ’n seperige middel in die water gewys. Tshwane-Beeld het navrae aan die polisie gerig, maar hulle wou geen besonderhede oor die ondersoek bekend maak nie.

“Dit beteken die visse het versmoor. Ek wonder wat motiveer iemand om tot so ’n gemene daad oor te gaan,” sê Fanus.

Waterlab sê die visse is binne vier na ses ure dood en die vergiftiging moes tussen middernag en die vroeë oggendure gebeur het.

Mignon Britton is een van die kliënte wie se visse ook gevrek het.

“Vriende van ons het geëmigreer en die visse aan ons gegee, so, ons het sentimentele waarde aan hulle geheg,” sê sy.

Mignon se koidam by haar huis ondergaan herstelwerk en sy het daarom die visse by Wings and Koi Things laat oppas.

Sedert Fanus en Marici die winkel in April oorgeneem het, het hulle nog nie eens ’n geval van diefstal gehad nie. Die polisie is betrek, want baie mense het toegang tot hul visse.

Die skade weens die vergiftiging word op sowat R35 000 geraam.

Die winkel word op 18 Augustus amptelik geopen.
Back to top Go down
View user profile
Erwee1



Posts: 77
Join date: 2007-07-25
Location: Cape Town

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Mon Aug 06, 2007 11:03 am

Sulke varke! As ek darem sulke mense in die hande kry, is daar GROOT moeilikheid. Die arme mense! Evil or Very Mad
Back to top Go down
View user profile
Carel



Posts: 24
Join date: 2007-07-30
Location: Vishoek

PostSubject: Beeld-artikel   Mon Aug 06, 2007 11:21 am

Sulke bliksems! Maar is die mense se sekuriteit dan nie op standaard nie?
Back to top Go down
View user profile
Annette



Posts: 20
Join date: 2007-07-29
Location: Vredenburg

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Mon Aug 06, 2007 4:15 pm

Carel wrote:
Sulke bliksems! Maar is die mense se sekuriteit dan nie op standaard nie?


Het enige iemand 'n idee oor die regsaanspreeklikheid van die onderneming wat visse opgepas het? 'n Mens sal seker aanvaar hulle het vrywaringsvorms en dies meer, maar as hulle nie het nie? Wat dan?
Back to top Go down
View user profile
Joe



Posts: 11
Join date: 2007-07-27
Location: Gauteng

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Mon Aug 06, 2007 4:25 pm

Annette wrote:
Hi julle,
Ek het die tragiese storie op Beeld se webtuiste raakgelees. Die webbladverwysing is http://www.news24.com/Beeld/Pretoria-Beeld/0,,3-69_2156299,00.html.


Thanks for posting this. Friends have told me about this and it is worrying. It might have been mischief making by no-gooders, but who knows when they'll decide to move to suburbs and start taking out our Koi as part of their skylarking.
Back to top Go down
View user profile
Annette



Posts: 20
Join date: 2007-07-29
Location: Vredenburg

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Mon Aug 06, 2007 4:36 pm

Joe wrote:


Thanks for posting this. Friends have told me about this and it is worrying. It might have been mischief making by no-gooders, but who knows when they'll decide to move to suburbs and start taking out our Koi as part of their skylarking.


Oi Vey! Ek het nie eens daar aan gedink nie. Hopelik word die skuldiges vinnig vasgetrek en is daar nie nog mense wat soortgelyke kattekwaad wil aanvang nie.
Back to top Go down
View user profile
KOICRAZY



Posts: 2
Join date: 2007-08-06

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Mon Aug 06, 2007 5:24 pm

Annette wrote:
Joe wrote:


Thanks for posting this. Friends have told me about this and it is worrying. It might have been mischief making by no-gooders, but who knows when they'll decide to move to suburbs and start taking out our Koi as part of their skylarking.


Oi Vey! Ek het nie eens daar aan gedink nie. Hopelik word die skuldiges vinnig vasgetrek en is daar nie nog mense wat soortgelyke kattekwaad wil aanvang nie.


"kattekwaad" NO!, it's criminal
Back to top Go down
View user profile
Carel



Posts: 24
Join date: 2007-07-30
Location: Vishoek

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Tue Aug 07, 2007 10:04 am

[quote="KOICRAZY"]
Annette wrote:


"kattekwaad" NO!, it's criminal


Ek stem saam dat kattekwaad dalk 'n eufemisme is, maar ek weet wat Annette bedoel. Daar's kattekwaad en dan's daar KATTEKWAAD.
Back to top Go down
View user profile
rob



Posts: 22
Join date: 2007-07-30
Location: Cape Town

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Thu Aug 16, 2007 11:32 am

Does anybody know whether the culprits have been caught?
Back to top Go down
View user profile
Pieter J de Villiers



Posts: 581
Join date: 2007-09-17
Age: 58
Location: Krugersdorp, Gauteng,South Africa

PostSubject: Re: Hartseer Koi-storie in Beeld   Mon Sep 17, 2007 3:34 pm

Hell Rob!!!!! What a Face
You must be joking........................its the New South Africa, remember Rolling Eyes

Pieter
South African Koi Industry Forum
http://southafricankoi.11.forumer.com
Back to top Go down
View user profile http://southafricankoi.11.forumer.com
 

Hartseer Koi-storie in Beeld

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions of this forum:You cannot reply to topics in this forum
KoiForum :: News and events :: News about Koi related issues-
Post new topic   Reply to topic