Hi Eugen
Die volgende werk vir my:
Gee kos altyd op dieselfde tyd en vanaf dieselfde plek;
Sorg dat jy alleen is en geen ander beweging soos honde ens;
Gebruik bruinbrood en hou dit onder die water. As hulle honger is sal hulle mettertyd kom eet. Laat 'n paar krummels vry, en sodra hulle die krummels proe, kom hulle al nader na jou hand met die brood, totdat hulle uiteindelik uit jou hand eet.
Geen skielike beweging;
Kry vir jou 'n Chagoi, Saragoi of Kigoi. Hulle is van nature mak en maak die ander vinnig mak. (Monkey see, monkey do)
Een groot vis maak gewoondlik die kleintjies mak, want hoe ouer, hoe makker. Dit kos net een vis om uit jou hand te eet, en die ander sal volg.
As hulle eers uit jou hand eet, vertrou hulle jou en assosieer hulle jou met kos. Hoe meer jy dit doen, hoe makker word hulle, en sal teen jou kom skuur, of jy nou kos het of nie.