KoiForum

Koi Online's Forum - All about Koi SA
 
HomeHome  ­FAQFAQ  ­SearchSearch  ­RegisterRegister  ­MemberlistMemberlist  ­UsergroupsUsergroups  ­Log inLog in  
Post new topic   Reply to topicShare | 
 

 Met watter Kois begin ek?

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Deon



Posts: 50
Join date: 2007-10-09
Location: Kempton Park, Johannesburg

PostSubject: Met watter Kois begin ek?   Thu Oct 11, 2007 1:36 pm

Hallo almal.

Ek hoop om so oor ±2 weke my eerste Kois te koop.
Ek wil graag intussen solank begin uitvind watter Kois ek kan oorweeg.

1. Ek is nie 'n teler nie.
2. Ek gaan kleinerige visse koop; in die omgewing van R100 elk. (Die beste gradering vir die geld.)
3. Is dit beter om een soort te koop of 'n mengsel van 'n paar.
4. Die visse is vir vertoon en eie genot en gaan ek daarom nie die duurste koop nie.

Ek het al so bietjie begin rondkyk na die verskillendes en hou van dié wat wit en rooi is, veral dié wat wit is met die rooi kol tussen die oë is pragtig.

Baie dankie solank.
Deon
Back to top Go down
View user profile http://www.sincro.co.za
Erwee1



Posts: 77
Join date: 2007-07-25
Location: Cape Town

PostSubject: Re: Met watter Kois begin ek?   Thu Oct 11, 2007 1:47 pm

Hi
’n Koi wat vir my mooi is, is nie noodwendig vir jou mooi nie. Dis alles oor wat jou smaak is en wat mooi lyk in jou dam. Ek hou van verskeidenheid en kleur.
Vestig 'n goeie verhouding met 'n betroubare verskaffer. Enige goeie verskafer sal jou die nodige leiding kan gee en ook kan aanbeveel wat by jou versameling pas. Vind ook uit hoeveel visse jou dam kan dra sodat jy nie over-stock nie.
Lekker koop
Back to top Go down
View user profile
Admin
Admin


Posts: 1283
Join date: 2007-07-25
Location: Cape Town

PostSubject: Re: Met watter Kois begin ek?   Thu Oct 11, 2007 3:39 pm

Ja, dit is persoonlike smaak, veral as jy nie skou kwaliteit visse wil aanskaf nie. Dit is altyd goed om twee of drie groter visse in te sit. Hulle maak die kleintjeis vinnig mak. Altyd goed om een van 'n variteit te hê wat makker is as die ander en die ander mak maak, soos die Chagoi, Saragoi, Kigoi en Ochiba.

Ek voel dit is meer aantreklik om 'n verskeidenheid te hê. Enige pond behoort 'n Kohaku te hê (rooi en wit), en dan 'n Sanke(wit, swart en rooi), 'n Showa(swart wit en rooi), 'n geel(Yamabuki) Ogon en 'n Purachina(spierwit). Indien jy 'n Shusui ingooi het jy 'n redelike goeie mengsel van kleure.

Ek beveel gewoondlik twee of drie grootes wat plaaslik geteël is aan(om kostes te bespaar maar jy sien darem iets), en dan 'n paar klein visse maar goeie kwaliteit, Japanees as jy dit kan bekostig. Hulle ontwikkle net eenvoudig 10 keer beter en verloor nie so maklik hul kleure nie, en jou appresiasie in warde is 10 keer groter. As jy 'n duisend rand het, sit eerder 4 goeie kwaliteit Japanese visse in as 10 plaaslike visse. Onthou, hoe minder jy insit, hoe vinniger groei hulle.

Die Tancho (wit met rooi kol op die kop) is aantreklik, maar baie duurder en hulle is geneig om die kol te verloor, veral as dit plaaslik geteël is. Dit laat jou dan met 'n waardelose vis, want 'n kohaku wat sy kleure verloor is nie mooi nie. 'n Tancho is nie regtig 'n variteit op sy eie nie, dis eintlik maar 'n Kohaku(wit vis met 'n rooi patroon).

Ek beveel aan dat jy op my webtuiste gaan kyk waarop jy moet let wanneer jy verskillende variteite koop. Onthou dat hulle deurentyd verander.

http://www.koionline.co.za/buying_in_sa.htm

Sterkte

_________________
Paul Viljoen
E Mail: koi@absamail.co.za ; http://www.koionline.co.za

Koi are not my whole life but makes my life whole
Back to top Go down
View user profile http://www.koionline.co.za
Deon



Posts: 50
Join date: 2007-10-09
Location: Kempton Park, Johannesburg

PostSubject: Re: Met watter Kois begin ek?   Thu Oct 11, 2007 9:20 pm

Paul, baie, baie dankie vir jou antwoord wat jy met goeie voorstelle beantwoord het ... en jou sekerlik 'n tydjie moes vat.

Ek hou van jou aanbeveling en gaan dit beslis print en begin soek.

Is dit feite dat jong visse nog baie van kleur kan verander? Indien waar, hoe koop 'n mens dan? (sorrie vir die stupid vraag. Embarassed )

Deon
Back to top Go down
View user profile http://www.sincro.co.za
Admin
Admin


Posts: 1283
Join date: 2007-07-25
Location: Cape Town

PostSubject: Re: Met watter Kois begin ek?   Fri Oct 12, 2007 10:42 am

Sien antwoord op "Koi for sale/how to choose koi"

_________________
Paul Viljoen
E Mail: koi@absamail.co.za ; http://www.koionline.co.za

Koi are not my whole life but makes my life whole
Back to top Go down
View user profile http://www.koionline.co.za
 

Met watter Kois begin ek?

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions of this forum:You cannot reply to topics in this forum
KoiForum :: Koi appreciation :: Discussion of varieties-
Post new topic   Reply to topic