Ek het gereed gemaak om te gaan bad om Poskantoor toe te gaan om my Koi Horlosie te gaan afhaal. Terselfde tyd was ek steeds besig om tuin nat te maak. Voor ek die bad aangedurf het, het ek asbakkie in kamer leeg gemaak in plastiese vullishouer en toe buite toe gegaan om water toe te draai en ook gou die Koi te voer. Teen die tyd dat ek terug badkamer toe is het ek gedink’hel die water stoom darem baie’. Met die omdraai slag sien ek refleksie in die kant van my oog net om te besef dit is vuur wat uit kamer kom (het my reuksintuig in 1981 verloor gedurende ongeluk)
Met ‘n spoed is ek kamer toe, gryp die asblik en hardloop terug badkamer toe en gooi dit in die bad maar intussen het daar stukke afgeval en op mat beland. Gryp toe die handdoek en gooi dit in bad om nat te maak om res van die vuur te blus. In my haas het ek een stuk naby badkamer gemis en so slim soos wat ek wou wees dit met die hand opgetel en in bad gegooi. Hoef niemand seker te vertel hoe maklik plastiek vasbrand aan vingers nie.
Wel die bad was toe skoon vergete, die poskantoor moet wag tot more, die huis stink soos ‘n ashoop. Met die vensters oop, weer ‘n sigaret in die hand ( toe ook sommer ‘n dubbel rum en coke in die hand – met plastiek om die vingers), en o-ja, sonder ‘n hemp het ek langs my dam gaan sit en relax vir uur of wat.
Wie het gese Koi is ‘n stresvolle stokperdjie, en dat mens nie net met een vinger hierdie boodskap kan tik nie.
