KoiForum

Koi Online's Forum - All about Koi SA
 
HomeHome  ­FAQFAQ  ­SearchSearch  ­RegisterRegister  ­MemberlistMemberlist  ­UsergroupsUsergroups  ­Log inLog in  
Post new topic   Reply to topicShare | 
 

 Vrou in sop omdat sy bure se koi visse eet

View previous topic View next topic Go down 
AuthorMessage
Admin
Admin


Posts: 1283
Join date: 2007-07-25
Location: Cape Town

PostSubject: Vrou in sop omdat sy bure se koi visse eet   Mon Jul 06, 2009 1:54 pm

Vrou in sop ná sy bure se koi-visse braai


IGNA SCHNEIDER


LONDEN. 'n Pensioentrekker wat haar bure se koi-visse as deel van 'n 18 jaar lange twis vir aandete gebraai het, moet nou �35 000 (sowat R515 000) aan skadevergoeding en regskoste betaal.
Ellen Jones (75) van Surrey het glo die visse met 'n net in haar bure se visdam gaan vang. Sy het dit toe gebraai en buitekant gaan sit en eet sodat hulle haar oor die heining kon sien smul.
Sy het dit ontken.
Haar bure, mnr. Mark en Jane Fowler, het ook beweer Jones het hul lewe versuur deur onwettig partytjies te hou, dagga in haar tuin te kweek en herhaaldelik hul oprit te versper.
Haar onkonvensionele gedrag het glo die waarde van die Fowlers se dertiende-eeuse plaashuis van �240 000 (sowat R3,5 miljoen) in Newchapel verminder.
Hulle het oorspronklik skadevergoeding van �75 000 (meer as R1 miljoen) geëis.
Jones is deur die hof beveel om skadevergoeding sowel as twee derdes van haar bure se regskoste te betaal.
Regter Christopher Morris-Coole het die partye gevra om ``te probeer om 'n mate van harmonie te vind sodat hulle lewe nie versuur word deur voortdurende onenigheid nie die ergste wat ek in al my jare in dié beroep gesien het''.
Mnr. Fowler (45), 'n rekenmeester, het in die Lewes- hof getuig dat hy op 'n dag begin agterkom het van sy visse verdwyn.
Hy het later vir Jones en 'n werker, mnr. Charlie Rashbrook, buite sien sit. Hy het onraad vermoed toe Rashbrook vir hom skree: ``Lekker dag vir 'n braai, nè!''
``Ek het gedink hulle eet vis. Dit het gelyk asof hulle dit aspris doen ek het hulle nog nooit tevore daar sien eet nie,'' het Fowler gesê.

_________________
Paul Viljoen
E Mail: koi@absamail.co.za ; http://www.koionline.co.za

Koi are not my whole life but makes my life whole
Back to top Go down
View user profile http://www.koionline.co.za
Pieter J de Villiers



Posts: 581
Join date: 2007-09-17
Age: 58
Location: Krugersdorp, Gauteng,South Africa

PostSubject: Re: Vrou in sop omdat sy bure se koi visse eet   Mon Jul 06, 2009 2:00 pm

Dis 'n bliksemse duur ete daai!

_________________
Pieter J de Villiers
http://southafricankoi.11.forumer.com
"I am KoiMad...........but garlic wise!"
FEED GARLIC, NO PARASITES!!
Back to top Go down
View user profile http://southafricankoi.11.forumer.com
 

Vrou in sop omdat sy bure se koi visse eet

View previous topic View next topic Back to top 
Page 1 of 1

Permissions of this forum:You cannot reply to topics in this forum
KoiForum :: General :: Chat - Koi related-
Post new topic   Reply to topic